Ons weet dit is prakties onmoontlik om tydsberekening op die mark toe te pas, en dit kan ’n mens duur te staan kom as jy die tyd verkeerd het. Dit is ongelukkig duidelik, en weer eens heel logies as die menslike aard in ag geneem word, dat baie beleggers in onseker tye soos nou op die kort termyn begin fokus en emosionele besluite neem.
Hulle verduidelik dat Glacier van Sanlam gewoonlik sien hoe talle beleggers gaan skuiling soek in vasterente-beleggings met laer opbrengste, maar die gevaar onderskat van ontoereikende reële opbrengste (na belasting en inflasie). Groeibateklasse het bewys dat hulle oor die lang termyn aantreklike opbrengste bo inflasie lewer, maar weens die gepaardgaande onbestendigheid en potensiële kapitaalverlies oor die kort-termyn is dit ’n moeilike keuse vir senuagtige beleggers.
Beleggingsopsies soos Glacier se KapitaalVersterker, wat onlangs bekend gestel is, kan sekerheid sowel as aantrek¬like opbrengste vir beleggers verskaf.
Diversifiseer in die buiteland – sonder die valutarisiko
Glacier sê met die ontwerp van die Glacier KapitaalVersterker wou hulle aan beleggers die geleentheid gee om in aandele te belê, maar sonder die tipiese onbestendigheid en potensiële risiko van kapitaalverlies wat met hierdie bateklas geassosieer word. Met die oog op die minimum beleggingshorison van vyf jaar vir aandelebeleggings, het Glacier ook die KapitaalVersterker met ’n vyfjaar-termyn ontwerp.
Aandeleblootstelling sonder die daalrisiko
Kontak Complectus Wealth BlouSter Finansiële Adviesdienste by 044 203 2014 of jacquess@sanlam4u.co.za vir kundige advise.