Advertorial Video
OUDTSHOORN SAKENUUS - ‘n Groot eer het die plaaslike bande besigheid, Tyres & Treads Oudtshoorn, vanjaar te beurt geval tydens Bandag se nasionale franchise konferensie in April by die Legend Golf & Safari Resort.
Tyres & Treads Oudtshoorn is aangewys as een van drie finaliste in Suid-Afrika wat meegeding het om die BTS Excellence toekenning.
Dit plaas hulle onder een van die drie beste BTS franchises in die land. Alhoewel BTS Cape Town uiteindelik as die wenner in die kategorie bekroon is, is die personeel van Tyres & Treads Oudtshoorn breëbors oor hulle prestasie.
Hulle het daarmee saam ook ‘n ‘5 Year Long Service Award’ ontvang vir goeie diens en lojaliteit as BTS Franchise. Bandag is die grootste onafhanklike bande versolingsfranchise-netwerk in Suid-Afrika. Volgens Theuns Botha, direkteur van Tyres & Treads op Oudtshoorn, was die mededinging baie straf en kan die maatskappy se sukses toegeskryf word as ‘n kollektiewe spanpoging.
Hy het veral die leierskap van Rudi Steyl geprys en gesê dat enige goeie leier goud werd is vir ‘n maatskappy, want volgens hom bring goeie leierskap die beste in die personeel na vore, wat op die einde van die dag professionele, gehalte en vriendelike diens aan die publiek moet lewer.
Steyl, Tyres & Treads Oudtshoorn se bestuurder, het op sy beurt die publiek bedank vir hul volgehoue ondersteuning die afgelope nege jaar van die besigheid se bestaan. “Ons lojale kliënte en personeellede is ons grootste bate en Tyres & Treads Oudtshoorn is voorwaar geseënd in hierdie opsig.” Bandag, wat spog met ‘n nuwe logo en slagspreuk, ‘Build for Better’, het hulle nuwe innoverende produkte tydens die konferensie bekendgestel.
Hierdie produkte sluit in die nuwe, verbeterde versolingsapplikasie (BDM1), asook ‘n tegnologiese toepassing (ProOOSTA Mobi App), wat die afvalbande-ontledingsproses vergemaklik.
Om die professionele diens en sakpas-pryse van Tyres & Treads te ervaar skakel hulle by 044 272 5623 en 082 862 7306 of loer in by hulle perseel in Koöperasiestraat, Oudtshoorn.
Kyk 'n video hieronder.
Die senior personeellede van Tyres & Treads op Oudtshoorn is van links: Vincent Campher, Theuns Botha (direkteur), Rudi Steyl (bestuurder), Isak Meyer (onderbestuurder ) en De Wet Britz (meganiese-bestuurder). Foto: Wyndham Ewerts
Kyk 'n video hieronder.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'