SAKENUUS - Suid-Kaap Finansiële Dienste (SKFD) is aangewys as die beste finansiële adviseurs in die Klein-Karoo, deur die ‘Best of Oudtshoorn Readers Choice’ toekenning te wen!
SKFD is deur ons kliënte genomineer en ingestem as die wenner, vir die tweede agtereenvolgende jaar.
SKFD is in 1993 in Oudtshoorn gestig met die visie om totale gemoedsrus aan kliënte te verseker betreffende finansiële advies.
Sedert 2000 is hierdie diens uitgebrei met die byvoeging van lewensversekering en beleggingsdienste, en in 2001 is mediese skema-oplossings ook bygevoeg om die aanbieding so volledig moontlik te maak en 'n een-stop diens aan kliënte te bied.
Tesame met George Fourie, Jodi Mulder (Jodi Mulder Financial Solutions) en Kim Vermeulen (Medilusions) het SKFD nie net in ons korttermynversekeringdoel geslaag nie, maar bied ook lewensversekering, beleggingsopsies en mediese-fonds keuses.
Aangesien SKFD 'n onafhanklike finansiële diensteverskaffer met kontrakte by van die grootste en bekendste versekeraars is, stel dit ons in staat om na elke kliënt se individuele behoeftes te kyk - van persoonlike tot kommersiële versekering tot boedelbeplanning en pensioenfondse.
Vandag is SKFD een van die grootste onafhanklike makelaars in die Wes-Kaap, met takke in Oudtshoorn, George, BeaufortWes, Plettenbergbaai en Malmesbury. Verder word ons ook verteenwoordig deur adviseurs in Mosselbaai, Gqebera (PE), Nxuba (Cradock) en Stellenbosch.
Elke personeellid het ingekoop tot die SKFD visie, om met vriendelikheid en professionaliteit net die beste vir hul kliënte te gee.
Dit is te danke aan 'n ongelooflike span personeel, wat die begeerte het om net die beste vir hul kliënte te doen, dat ons kan voortgaan om uitstekende diens te lewer. Elke personeellid onderskryf SKFD se kernwaardes van etiese gedrag, eerlikheid en integriteit.
Die personeel ondergaan deurlopende opleiding om op hoogte te bly van die nuutste verwikkelinge in die versekeringsbedryf.
Ons boodskap aan alle SKFD kliënte is: “Ons is baie dankbaar teenoor al ons kliënte vir die jare se lojaliteit en vertroue in ons. Die feit dat julle vir ons gestem het, is vir ons 'n riem onder die hart en spoor ons aan om nog beter te wees. Van die hele SKFDspan sê ons vir julle hartlik dankie vir julle ondersteuning en vertroue in ons!”
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’