Hierdie nuwe ontwikkeling spog met 'n ten volle toegeruste Bonjour tak en 'n Standard Bank OTM. Verlengde besigheidsure van 06:00 tot 22:00 geld by die vulstasie en Bonjour.
Die uitbreiding is 'n voortsetting van die opgradering van die totale perseel wat vir die langer termyn beplan word.
Die amptelike opening van die vulstasie het Dinsdag, 6 Desember plaasgevind waartydens mnr Hendrik Pienaar (Voorsitter van die Tuinroete Agri Raad) die simboliese rooi lint geknip het en shampanje-proppe het behoorlik geklap tydens hierdie vrolike opening.
Lood vervanging brandstof sal steeds beskikbaar wees by die bestaande diens-stasie, wat steeds ten volle gebruik word. Die nuwe vulstasie verskaf beide diesel en loodvrye brandstof.

Mnr Chris Snyman (Tuinroete Agri Mosselbaai Takbestuurder), Rudie Fick, Ester Saayman (Bestuurder van Tuinroete Agri Vulstasie), Mossie Mostert (Assistent Bestuurder van Tuinroete Agri Vulstasie) en Isabel Geldenhuys.