Advertorial
SAKENUUS - Een van Oudtshoorn se mees gevestigde oogkundige praktyke, Slabber en Slabbert Oogkundiges kry 'n splinternuwe naam.
Dié praktyk is sedert 1977 die hoeksteen van oogsorg in die streek toe Louis Slabbert en Chris Slabber die praktyk by Adam Botha oorgeneem het.
Dié twee pioniers het saam 'n huishoudelike naam van Slabber en Slabbert Oogkundiges gemaak en het die praktyk diep wortels in die gemeenskap geskiet.
In 1999 het Marita Bouwer by die span aangesluit as derde oogkundige, en haar betrokkenheid het verder bygedra tot die praktyk se groei en reputasie.
Met die uittrede van Chris Slabber in 2019, het Liandi Robinson haar by die span aangesluit.
Ná Louis Slabbert se aftrede in Desember 2024, was dit die natuurlike verloop dat die praktyk ook 'n nuwe naam sou aanneem.
Die praktyk sal voortaan as Slabbert, Bouwer & Robinson Optometrists/Oogkundiges bekendstaan.
Marita en Liandi is baie opgewonde oor die nuwe era wat vir hulle voorlê.
"Dit is vir ons 'n riem onder die hart dat talle lojale pasiënte al vir jare na ons terugkeer, selfs nadat hulle uit die dorp getrek het. Soveel goeie verhoudinge en vriendskappe is deur die jare opgebou.
Ons is ook dankbaar teenoor Louis Slabbert, ons jare lange mentor wat steeds betrokke is by die praktyk vir afloswerk en as raadgewer."
Die praktyk beskik oor moderne toerusting en gevorderde tegnologie, maar Marita en Liandi voel tog dat ou bekende en persoonlike elemente steeds in plek moet bly om daardie lewenslange oogsorg-verhouding te onderhou.
"Tyd vir 'n geselsie of 'n grappie is daar altyd."
Die span bestaan uit toegewyde en ervare personeel, waarvan verskeie al vir baie jare deel is van die praktyk. Hulle toewyding aan uitstekende diens is sigbaar in alles wat hulle doen, van die vriendelike verwelkoming by die ontvangs, tot die professionele oogtoets en die kundige begeleiding in die keuse van 'n bril of kontaklense.
Vir meer inligting oor oogsorg, oogsiektes, brillense, ens. besoek gerus hul webtuiste by www.slabbertoptometrists.co.za of volg hulle op Facebook.
Slabbert, Bouwer & Robinson Oogkundiges is geleë by Winkel 10, Queen's Square, Voortrekkerweg, Oudtshoorn.
Skakel hulle by 044 279 1636 of stuur 'n e-pos na ontvangsslab@gmail.com.
Volledige oogsorg vir die hele gesin - sedert 1977.
Liandi Robinson (vierde van links) en Marita Bouwer (regs van haar) saam met die res van die Slabbert, Bouwer & Robinson Oogkundiges-span.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’