Advertorial Gallery
OUDTSHOORN SAKENUUS - Sedert SpecSavers in 2007 'n tak in Oudtshoorn geopen het, het hulle sinoniem geword met puik diens en kwaliteit teen bekostigbare pryse.
Die span van twee oogkundiges en vier assistente verseker dat daar in elke behoefte van 'n klant voorsien word.
Of dit 'n oogtoets en die bepaling van presies die korrekte lense is, hulp met die keuse van die perfekte brilraam of die uitreik van 'n oogkundige sertifikaat vir 'n rybewys, is die diens deurgaans professioneel en deeglik. Buiten oogtoetse en die voorsiening van voorskrifbrille bied SpecSavers ook 'n reeks verwante dienste wat kontaklense en die skandering vir gloukoom en diabetiese retinopatie, insluit.
Fotogalery: SpecSavers Oudtshoorn
Twee maande gelede het SpecSavers 'n tweede oogkundige, Hillary Jacobs, verwelkom wat by Marida Serfontein aangesluit het. Hillary het optometrie aan die Universiteit van die Vrystaat studeer en het in 2018 gegradueer. Sy sê sy het 'n loopbaan in optometrie gekies om 'n tasbare verskil in mense se lewens te maak. SpecSaver is bekend vir spesiale aanbiedinge waaruit klante kan muntslaan soos byvoorbeeld die winterpromosie wat tans aan die gang is.
Spesiale aanbiedinge word regdeur die jaar op SpecSavers se webtuiste sowel as op sosiale media geadverteer. Hulle bied ook afbetalingsopsies aan mense wat nie mediese fondse het nie, en moontlik nie die volle koste met een betaling kan dek nie. Inligting en voorwaardes oor die afbetalingsopsies is by die tak beskikbaar.
As deel van hulle diens aan die gemeenskap bied SpecSavers ook die Kid's Right to Good Sight-inisiatief aan. Dit behels dat SpecSavers, met die toestemming van ouers, 'n gratis oogtoets, brilraam en kleurlose lense aan kinders tussen 6 en 12 jaar bied.
Skakel gerus SpecSavers in Kerkstraat Oudtshoorn, en maak 'n afspraak om hulle puik dienste op die proef te stel.
Marida Serfontein
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'