Advertorial
SUID-KAAP SAKE NUUS - Toe Paul de Jong in 2006 Solarcon in Oudtshoorn gevestig het, het hy op lugreëlaars gefokus, maar toe reeds geweet hy gaan uitbrei om sonverwarming en sonkrag in te sluit.
Twaalf jaar later kan hy en sy vennoot, Leonard Els, wat later by hom aangesluit het, met groot tevredenheid terugkyk op wat Solarcon reeds vermag het. Sonverwarmingstelsels is in 2009 by Solarcon se dienste gevoeg en vandaar af het hulle kliëntebasis net aanhou groei. Vandag verskaf hulle dienste aan huiseienaars sowel as aan groot maatskappye en instansies.
Hulle reeks produkte en dienste is té groot om alles genoem te word, maar volgens Paul doen hulle tans enigiets wat met sonkrag en lugreëling te doen het. Boorgat- en swembadpompe het ook 'n groot deel van hulle besigheid geword.
"Ons werk in die Karooveld, op huise se dakke, teen die mure en op dakke van groot geboue, enige plek waar ons dienste benodig word."
Solarcon se diens is egter nie tot slegs lugreëling en sonkrag beperk nie. "Ons doen ook normale elektriese werk en loodgieterwerk en werk streng volgens riglyne deur die verskillende beheerliggame soos byvoorbeeld PIRB (vir loodgieters) voorgeskryf word."
Solarcon se span van agt sluit gekwalifiseerde installeerders, elektrisiëns en loodgieters in. Solarcon gebruik ook 'n betroubare en bekwame subkontrakteur in George om daardie kant van die berg te diens.
Solarcon huiwer nie om na-ure ook in te spring vir herstelwerk nie. Volgens Paul was daar 'n stadium toe sogenaamde "diensverskaffers" oral opgespring het toe die regering fondse beskikbaar gestel het vir die installering van sonkraggeisers. "Baie van daardie kontrakteurs het intussen verdwyn en ons word gereeld ingeroep om herstelwerk te doen aan projekte waar hierdie oornag entrepreneurs verbrou het."
Kontak Solarcon by 044 272 5615 of per e-pos by paul@solarconsa.co.za.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa nuus'