Gallery Sponsored Content
OUDTSHOORN NUUS - Caves Aftreeoord is geleë 4 km vanaf die kern van Oudtshoorn.
Die deeltitelskema bied ’n rustige plaas atmosfeer met uitstekende fasiliteite, 24 uur sekuriteit, geëlektrifiseerde omheining, volledig toegeruste versorgingsentrum, eetsaal, ontspanningsarea en ’n swembad.
54 huise en 56 woonstelle is reeds voltooi en verkoop. ’n Verdere vier huise is reeds verkoop en tans in aanbou.
Daar is nog slegs een nuwe huis te koop, wat reeds klaar gebou is, in hierdie gesogte aftreeoord. Die huis is beskikbaar vir onmiddellike okkupasie. Die nuwe huis bied twee slaapkamers en een badkamer met ’n enkelmotorhuis.
Die oppervlakte van die woning is 95m², volledig afgewerk met viniel vloere in die badkamers, teëls in die leefarea, kombuis en badkamers. Die badkamer is toegerus met ’n stort, wasbak en toilet. Elke huis het ’n stoep wat noord front.
Daar is nog slegs een nuwe huis te koop.
Moenie hierdie laaste geleentheid mis om ’n nuwe huis in die Caves Aftreeoord te besit nie. Alle oordragskoste en kommissie is reeds in die verkoopprys van R1 990 000 ingesluit.
Oudtshoorn is ’n rustige, plattelandse dorp met gesonde klimaat en uitstekende hospitale (provinsiale hospital sowel as Mediclinic) en mediese spesialiste. Dis slegs 45 minute se ry vanaf George-lughawe na Oudtshoorn.
Caves Aftreeoord beskik oor ’n volledig toegeruste versorgingseenheid wat vir algehele gemoedsrus 24 uur operasioneel is.
Raak deel van hierdie geïntegreerde gemeenskap van afgetredenes. Die aftreeoord bestaan reeds 15 jaar en geen verdere uitbreiding of ontwikkeling sal gedoen word nie. Gou spring - moenie hierdie geleentheid misloop nie!
Vir enige verdere navrae besoek ons webblad, of kontak vir Liesl Neethling by 082 412 1038 of stuur ’n e-pos na [email protected].
Oudtshoorn is ’n rustige, plattelandse dorp met gesonde klimaat.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’