Ocean Basket op Oudtshoorn is die konsessie se 155ste restaurant.
Die nuutste toevoeging is Dinsdag geopen in ware Griekse tradisie met die breek van borde om die restaurant te seën. Inwoners van Hellen Bellinganhof is ook op `n ete getrakteer.
Die eerste Ocean Basket het in 1995 in Menlyn geopen. Die restaurant het sedertdien van krag tot krag gegaan. Deel van die geheim is die restaurant se fokus op sleutelwaardes: fantastiese waarde vir geld, ondersteuning aan die onderskeie restaurante en `n uitstekende distribu-sienetwerk. Johan Schoeman, een van die eienaars van die plaaslike restaurant, vertel dat hy reeds 17 jaar ervaring in die bedryf het.
"Ek werk ook al die afgelope drie jaar met Ocean Basket en dit is `n wonderlike vennootskap." Waar ander restaurante op verskeidenheid fokus, het Ocean Basket homself in `n nismark gevestig. "Ons het gesien dat hier `n leemte in Oudtshoorn is. Mense soek `n seekosrestaurant en Ocean Basket is die grootste restaurant-ketting van sy soort in die land. Ek glo dat hierdie die ideale restaurant is vir Oudtshoorn en sy mense," vertel
Schoeman. Sy twee bestuurders, Anandi Steyn en Tony Lombard is ook opgewonde oor die vooruitsig om Oudtshoorniete te bedien.
"Ons beloof flink, vriendelike diens en lekker seekos. Almal is welkom," vertel hulle. Op 10 September vier die restaurant-ketting ook hul 17de verjaardag. Vis-en-skyfies, wat gewoonlik vir sowat R37 aangebied word, kan op hierdie dag vir R17 geniet word. Die restaurant is daagliks oop vanaf 11:30 tot 22:00.

Met Dinsdag se opening van die plaaslike restaurant kon inwoners van Hellen Bellinganhof-tehuis kom smul aan alles wat die spyskaart bied.