Die twee persone wat met die louere vir die kwartaal weggestap het is De Villiers Neethling (Sake-leier van die kwartaal, geborg deur Die Burger) en Hendrik Hogart, beter bekend as Lange (Besigheidspersoonlikheid van die kwartaal, geborg deur Die Hoorn).
Tydens die oorhandiging het André van Greunen, voorsitter van die besigheidskamer, beide Neethling en Hogart geloof vir die bydrae wat elkeen maak om besigheid in Oudtshoorn te stimuleer.
Die aand is aangebied deur die Oudtshoorn Aeroklub en AIFA en gaste is in Afrikaans verwelkom deur een van AIFA se Chinese studente Jian Zhang (James).
James het gaste op 'n reis deur China geneem waarna sy kollega Weiqiang Zhang (Aaron) uitgebrei het op Chinese tradisies en kossoorte. Gaste kon daarna smul aan tradisionele Chinese kos wat daagliks by die Aeroklub vir die bykans 70 Chinese voorberei word.

De Villiers Neethling (links) is aangewys as sakeleier van die kwartaal. Die toekenning is aan hom oorhandig deur die voorsitter van die Oudtshoorn Besigheidskamer, André van Greunen. Foto's: Hannes Visser