Sponsored Content Update
TUINROETE NUUS - Van Niekerk Steyn was amper nog nat agter die ore toe hy by Rauch Gertenbach Prokureurs aangesluit het. Hy is genader deur Chappie Gertenbach en het op 1 Mei 2003 by die firma aangesluit. Dit was ‘n paar maande na sy toelating as prokureur.
Dié Oos-Kapenaar het in 2010 een van die firma se direkteure geword.
Altyd op ‘n drafstap as hoof van die firma se litigasie-afdeling, onthou hy vlugtig sy eerste dag op kantoor. Aangesien 1 Mei ‘n vakansiedag was, daag hy op Vrydag, 2 Mei vir sy eerste werksdag by Kerkstraat 10 op.
“Krige Zietsman se eerste woorde aan my toe ek by sy kantoor instap, was ‘Wat maak jy hier?’ Wel, ek het mos kom werk, maar hy sê toe ek moet Maandag terugkom.”
Die uiteinde was dat Krige Van Niekerk op sy eerste werksdag met ‘n ete by die Gannet-restaurant oorkant die pad verwelkom het. Maar uit die res van die vertelling, blyk dit amper of dit die enigste rustige kantoordag in dié besige prokureur se loopbaan was.
Toegewyd
Sedert die begin van sy loopbaan, doen hy litigasie. Sy werk stel uit die aard van die saak talle eise aan hom, maar in elke saak is hy steeds opgewonde om ‘n kliënt te help.
“Die belangrikste ding om te onthou is ‘don’t apply the facts to the law, apply the law to the facts’. Dis ‘n goeie gevoel om iemand so gerieflik moontlik in die hof te maak, selfs al hoort hulle nie daar nie. En as jy kan uitstap saam met jou kliënt en alles het suksesvol afgeloop, des te beter.”
Hy voeg effens wrang by dat hy ten spyte hiervan nie die voorreg het om kliënte te hê wat opgewonde is om hom te sien nie.
“Ek is gewoonlik die eerste om dit te erken en gewoonlik sê my kliënte ook hulle was so bly hulle hoef my nie meer te sien nie,” skerts hy.
Van die grootste utdagings, voeg hy by, is om ‘n kliënt se realiteit te beheer.
“Die gouste wat jy en jou kliënt vir mekaar knorrig raak, is as jy ‘n verwagting skep waaraan jy nie kan voldoen nie. Jy kan nie vir ‘n kliënt sê hy of sy het nie ‘n saak nie – elkeen het ‘n fighting chance, maar jy móét eerlik wees. Daar is ‘n fyn balans om te handhaaf.”
Vir hom, is voorbereiding van kardinale belang. En sy doelwit, dat ‘n kliënt nooit vir hom moet kan sê dat hy nie voorbereid was nie.
“Dis ‘n cliché, maar dit is so. Failing to prepare, is preparing to fail.”
Hierdie voorbereiding, is beslis nie kinderspeletjies nie. Wat litigasie betref, noem hy dat dit anders in die werkliheid lyk, as op populêre televisiereekse.
“Mens gooi net nie ‘n klomp papiere voor die hof neer en die saak is afgehandel nie. Ek berei nie net vir my kliënt voor nie, maar ook vir die waarskynlike scenarios. ‘n Mens moet die teenkant in gedagte hou en ook die landdros, wat hul eie interprestasie van dit wat voor hulle is, het.”
Fondament
Wat die pad vorentoe betref, meen hy dat hulle mooi moet besin en na die nuwe generasie moet kyk.
“Wat ons personeel, veral die prokureurs tans betref, is die goeie stock.” Die feit dat elkeen ‘n spesialis in hul veld is, maar die firma se aanbieding uniek. Hy het vertroue in die fondament waarop die firma staan en ook op die kombinasies wat tans in elke afdeling bestaan.
“Dis belangrik wie ons aanstel. Ons wil net die beste mense hê. Ons is ‘n besigheid, maar met ‘n sterk familiegevoel. Saam met die regte vaardighede vir die werk, moet jy die persoonlikheid hê wat aanklank by Rauch Gertenbach se waardes vind.”
Die roos onder die dorings
Maryke Landman, enigste vrou onder die direkteure van Rauch Gertenbach Prokureurs, staan aan die stuur van sake in die George-kantoor.
Oorspronklik van Queenstown in die Oos-Kaap, studeer sy regte op Bloemfontein met Jaco Fourie as ‘n klasmaat vir vyf van haar studentejare. Min het hulle daardie tyd kon weet dat hulle eendag saam op die direksie van een van die mees vertroude name in die regswereld in die Suid-Kaap sal wees.
Op 30-jarige ouderdom word sy toegelaar as prokureur, aktebesorger en notaris.
In die jaar 2000 vestig sy en haar gesin op George.
“Ek het destyds in Mosselbaai gewerk by ‘n ander firma en moes elke dag deurry. Toe hoor ek dat Danie Acker iemand soek vir die likwidasie-afdeling in die George kantoor.”
Hulle loop mekaar toevallig kort hierna in die hof se gange raak.
“Ek het myself toe nou sommer in ‘n werk ingepraat het,” skerts Maryke. En so begin haar reis by Rauch Gertenbach as assosiaat en vir die laaste drie jaar as direkteur.
Maar hoe ervaar sy haar rol as vrou op die direksie?
“Ek dink aan die begin was dit vir ons almal ‘n aanpassing, maar deesdae vergeet die manne ek is ‘n vrou. So ek hoor allerhande interessante en insiggewende stories. Ek het al ‘n hele paar dinge geleer,” lag sy.
George-kantoor
Toe sy destyds by Rauch Gertenbach begin werk het, was daar ‘n skamele drie persone in die likwidasie-afdeling. Maryke was die stukrag agter die ontstaan van ‘n aktesafdeling. Mettertyd het die bestorwe boedelafdeling en ‘n litigasie-afdeling bygekom tot die kantoor se spektrum van dienste.
“Vandag is die George kantoor ‘n volwaardige kantoor wat enige diens kan bied. Ons personeel staan nou op 15. Ek het ‘n ongelooflike span en is baie trots op wat ons die laaste paar jaar vermag het. Hier is regtig niemand wat nie hulle kant bring nie. Ons is beslis ‘n groepie op ons eie, al is ons deel van die groter Rauch Gertenbach-span. Ons het voorwaar ‘n heerlike kantoor-atmosfeer.”
Wat die volgende 100 jaar betref, sien Maryke Landman ‘n eeu van uitmuntende diens aan die gemeenskap.
“Ek sal graag wil hê ons moet in George ook die voorkeurfirma word vir enige regsprobleem wat mense mag ondervind. Ek hou van die amper ‘outydse’ idee dat elke familie ‘n familie-prokureur moet hê, wat sy testament opstel, sy oordragte doen, en sy probleme hanteer. Ek hou daarvan om ‘n pad te stap met my kliënte in elke fase van hulle lewe. Van die huweliksvoorwaardekontrak tot by die testament.”
Vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'