Sponsored Content
SAKENUUS - Queens Mall Apteek is trots daarop om as 'n onafhanklike apteek wat privaat besit word, die gesondheid en welstand van die Oudtshoorn-gemeenskap eerste te stel.
Die apteek bied 'n omvattende reeks dienste, van chroniese en akute medikasie tot kliniekdienste soos baba-immunisering, wondversorging, bloeddruk-, suiker- en cholesteroltoetse, asook mediese fonds-siftingstoetse.
Benewens medikasie beskik Queens Mall Apteek oor 'n uitgebreide verskeidenheid vitamiene, sportaanvullings, noodhulp-produkte, natuurlike en homeopatiese middels, asook 'n kosmetiese en geskenk-afdeling.
Hul betroubare afleweringsdiens strek selfs na omliggende dorpe soos De Rust, Calitzdorp en Ladismith, terwyl blisterverpakking vir aftreeoorde en privaat pasiënte die bestuur van medikasie vergemaklik.
Om as een van die Best of Oudtshoorn-wenners aangewys te word, is vir die eienaars en personeel 'n besondere eer. Die toekenning bevestig dat hul persoonlike diens en toewyding 'n positiewe verskil in mense se lewens maak. Hul leuse, 'Vir die gemeenskap, van die gemeenskap', weerspieël hierdie verbintenis.
Volgens die span is uitstekende, persoonlike diens die sleutel tot hul sukses. Hulle werk daagliks nou saam met dokters, spesialiste en mediese fondse om die beste oplossings vir elke kliënt te vind.
Deur voortdurend op hoogte te bly van nuwe ontwikkelings in gesondheidsorg en medikasie, verseker hulle dat elke kliënt professionele advies, mededingende pryse en opregte omgee ontvang.
"Ons kliënte ís Queens Mall Apteek," sê die span. "Dit is 'n voorreg om hierdie gemeenskap te dien, en ons sien daarna uit om dit nog vir baie jare te doen."
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’