Advertorial
SAKENUUS - Die Queens Hotel is een van die bekendste en gewildste hotelle in Oudtshoorn en behoort vandag aan 'n groep plaaslike aandeelhouers.
Die hotel is ook die derde oudste hotel in Oudtshoorn en die oudste viersterhotel in Suid-Afrika wat sedert 1880 reeds gaste laat tuis voel.
Die hotel is geleë in Baron van Reedestraat, wat voorheen Queenstraat was, daarvandaan die hotel se naam.
John Ford was die eerste eienaar en het dit later aan John Bawden verkoop wat in 1893 twaalf nuwe kamers tot die hotel bygevoeg het.
Op 2 November 1893 is daar in Oudtshoorn Courant berig oor die amptelike opening van die dorp se eerste swembad wat by die hotel geleë is. Daardie dae was daar verskillende tye geskeduleer vir mans en vroue om die swembad te kan gebruik.
In 1910 is elektriese ligte geïnstalleer wat deur 'n ses perdekrag oliemasjien gedryf is om genoeg elektrisiteit te voorsien vir 200 ligte, hoewel slegs 140 ligte in die gebou gebruik is.
Gerieflike akkommodasie
Die hotel spog vandag met 42 kamers met opsies van dubbel-, familie- en selfs luukse kamers. Daar is ook twee selfsorgeenhede. Die standaard, asook luukse kamers het lugversorging, Wi-Fi, satelliettelevisie en moderne en suite-badkamers vir gaste se gerief.
Van die besoekers het behoorlik uitgehang tydens die spesiale dinee by die Queens Hotel.
Die selfsorgeenhede is twee aparte eenhede met privaat ingang, kombuisfasiliteite, asook genoeg spasie vir families.
Cuisine uit die boonste rakke
Die hotel spog met die Colony Restaurant, asook Café Brulé wat beide oop is vir gaste, asook die publiek. Die Colony Restaurant is slegs saans vanaf 18:00 oop terwyl Café Brulé daagliks van 07:00 tot 15:30 smiddae oop is.
Die afgelope week is die Colony Restaurant juis gebruik deur vroue verbonde aan Oudtshoorn-gholfklub vir hul jaarlikse vrouegholfdag met meer as 70 vroue wat deelgeneem het en die aand voor die gholf 'n glinster en vere-kuieraand by die restaurant bygewoon het.
Meer as 70 vroue het aan die ghofldag, wat deur Queens Hotel geborg is, deelgeneem.
Queens Hotel was ook die hoofborg vir die spesiale gholfdag.
Kontakbesonderhede
- Kontak die hotel by 044 272 2101 of stuur 'n e-pos na reservations of Alie.
Jodi Mulder en Hennie Edna Janse van Rensburg tydens die Oudtshoorn-gholfklub se spesiale vrouegholdagdinee wat by die Colony Restaurant aangebied is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’