Sponsored Content
BESIGHEIDSNUUS - Queen's Apteek en Watson & Brink Apteek in Oudtshoorn bied omvattende kliniekdienste aan, gerugsteun deur ervare en toegewyde verpleegkundiges.
Met dekades se gesamentlike ondervinding, staan hulle gereed om pasiënte met empatie en kundigheid by te staan.
Suster Gerda Barnard, van Oudtshoorn, bring 60 jaar se waardevolle ondervinding as verpleegkundige na die kliniek en het in verskeie sektore diens gedoen.
"Verpleegkunde is nie 'n werk nie, dit is 'n beroep. Dit is iets waarvoor ek geroep is," sê sy. Sy het die grootste deel van haar loopbaan in Oudtshoorn gewerk en sluit in 2013 by Watson & Brink Apteek aan.
Suster Salome Prigge het op haar beurt 50 jaar ervaring in beide die privaat- en staatsektor. "Ek geniet wat ek doen en ek hou van die mense. Ons werk ook lekker saam met die aptekers. Wanneer hier mense inkom met siekte of sere, weet ons dat ons die aptekers kan raadpleeg indien nodig," verduidelik sy.
Benewens hierdie basiese dienste, werk die apteke nou saam met verskeie mediese fondse soos GEMS en Discovery om die siftingstoetse en Vitality Health se gesondheidsondersoeke te doen.
Bewusmaking oor diabetes
Vanaf Februarie het die apteke 'n bewusmakingsveldtog oor diabetes van stapel gestuur. As deel hiervan bied hulle 'n sekere aantal gratis glukosetoetse aan en voorsien pasiënte van waardevolle inligting oor diabetes en bloedsuikervlakke. Waar nodig, verwys hulle pasiënte vir verdere mediese hulp.
Nuwe apteker
Simone Dreyer het ongeveer 'n maand gelede by die Queen's Apteek-span as nuwe apteker aangesluit. Sy en haar man het uit Bonnievale verhuis en woon nou in Oudtshoorn.
Dreyer sê hoewel sy nog nie lank hier woon nie, het sy reeds baie lief geword vir die dorp en sien sy daarna uit om die inwoners beter te leer ken. Sy het haar studies aan die Noordwes-Universiteit voltooi en werk reeds die afgelope drie jaar as apteker.
Met hierdie toegewyde diens verseker Queen's Apteek en Watson & Brink Apteek dat die gemeenskap van Oudtshoorn toegang het tot hoë kwaliteit gesondheidsorg.
Suster Gerda Barnard by Watson & Brink Apteek
Suster Salome Prigge by Queen’s Apteek. Foto’s: Liezl van Niekerk
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’