Sponsored Content
SAKENUUS - Veilige, betroubare en professionele diens is die kern van Potgieter Passasiers Vervoer, 'n familiebesigheid wat sedert 2009 die inwoners van Oudtshoorn en die Klein-Karoo met trots bedien.
Die onderneming, wat deur André en Angela Potgieter gestig is, is vanjaar as 'n wenner in die Best of Oudtshoorn & Klein Karoo-wenners aangewys - 'n prestasie wat volgens die eienaars aan die vertroue en ondersteuning van hul kliënte te danke is.
Van die begin af was die onderneming se doel om passasiers veilig, stiptelik en met 'n persoonlike aanslag na hul bestemmings te vervoer.
Deur uitstekende diens te lewer en elke kliënt met respek en vriendelikheid te behandel, het Potgieter Passasiers Vervoer oor die jare 'n sterk reputasie in die streek opgebou.
Vir die Potgieters is die toekenning 'n bevestiging dat harde werk, toewyding en gehalte diens raakgesien en waardeer word. Dit motiveer hulle om voort te gaan om hul hoë standaarde te handhaaf en elke kliënt se veiligheid, gerief en tevredenheid eerste te stel.
In 'n mededingende bedryf onderskei die onderneming hom deur goed versorgde voertuie, betroubare diens en die vermoë om na kliënte se behoeftes te luister.
Volgens die Potgieters is eerlikheid, betroubaarheid en 'n persoonlike benadering die sleutels tot hul sukses.
Angela Potgieter en Irene Müller bestuur die kantoor.
Hulle bedank elke persoon wat vir hulle gestem het.
"Julle vertroue en lojaliteit beteken ongelooflik baie vir ons. Ons waardeer elke stem opreg en sien daarna uit om die gemeenskap nog vir baie jare met dieselfde passie, trots en toewyding te dien."
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’