Gestremdes het ook by die aand gebaat nadat 'n tjek van R3000 aan Carin le Roux van die vereniging vir persone met gestremdhede (APD) oorhandig is.
Die geld is ingesamel met lootjies wat Penny Pinchers namens elke gas gekoop het. Gaste is vermaak deur die bekkige en talentvolle Andries Vermeulen met sy tipiese Weskus sêgoed en musiek waarna 'n smaaklike ete voorgesit is.
Van Greunen het tydens sy verwelkoming gesê dat die sukses van enige besigheid hand aan hand gaan met goeie verhoudinge met die gemeenskap.
André en Lulu van Greunen het gaste verwelkom. Foto's Hannes Visser
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn | Klein-Karoo nuus'