OUDTSHOORN NUUSFLITS - Die Wes-Kaapse provinsiale parlementêre toerisme oorsigkomitee het vanoggend in Oudtshoorn met raadslede, sakelui, mense in die toerismebedryf en ander rolspelers in die raadsaal vergader.
Die voorsitter van die komitee, Beatrice Ngobo het met die opening van die vergadering, gesê: “Toerisme skep werk. Dit stimuleer die ekonomie. Ons is hier om toerisme vorentoe te vat."
In ‘n drie uur vergadering het Ngobo mense uit alle sektore die geleentheid gegee om hul kommer, griewe, asook voorstelle aan haar voor te lê.
Meer as 60 mense het die vergadering bygewoon.
Toerisme rolspelers van Oudtshoorn, Kannaland, Calitzdorp en Eden was aan die woord.
Na die vergadering het hulle ‘n besoek aan die Kango-grotte afgelê.
Die komitee besoek more (2 Augustus) Knysna, waarna hulle op 3 Augustus Kaap Agulhas sal besoek.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'