BESIGHEIDSNUUS - Chery Oudtshoorn het op 1 Februarie hul eerste vloot Chery Tiggo's ontvang, en staan Danielia Fourie, takbestuur van Chery Oudtshoorn reg om jou te betower met die nuutste tegnologie in die motorbedryf.
Jy kan Chery besoek langs die multi-franchise motorhandelaar op die hoek van Langenhovenweg en Voortrekkerweg.
Chery gaan binnekort met 'n opgegradeerde vertoonlokaal spog waarin die Tiggo-reeks uitgestal gaan word.
Chery het einde verlede jaar hul eerste jaar in Suid-Afrika gevier en is ook benoem vir die S.A. Car of the Year 2023-toekenning.
'n Opgeleide Chery-tegnikus, is ook deel van die Chery-franchise in Oudtshoorn en het reeds al die nodige opleiding ontvang om jou Chery te diens en te sorg
dat sy glad loop.
Fourie vertel dat Chery Oudtshoorn nie net 'n voertuig aan die potensiële kliënt wil verkoop nie, maar ook 'n verhouding oor die volgende vyf tot ses
jaar wil bou, want sê sy, "Ek wil graag hê dat dieselfde kliënt my kan vertrou om weer 'n voertuig by my te koop." Chery kom met 'n vyf jaar diensplan, vyf jaar/150 000 km fabriekswaarborg (watter een ook al eerste kom) en 'n 10 jaar/miljoen km enjin-waarborg.
Fourie nooi alle potensiële kliënte, wat graag die Tiggo vir 'n toetsrit wil neem uit om met haar te kom gesels.
Jy kan ook in aanmerking kom vir 'n naweek vir twee wanneer jy 'n toetsrit onderneem - geen verpligting.
Die kompetisie sluit 28 Februarie.
Indien jy meer oor die Chery Tiggo-reeks wil uitvind of 'n voertuig vir 'n toetsrit wil neem sakel Fourie by 072 671 5095 of 044 001 0300.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'