Advertorial
BESIGHEIDSNUUS - Millenium Park-aftreeoord in Oudtshoorn het onlangs vernuwings aan die siekeboeg, sowel as die alzheimers-eenheid ondergaan.
Die nuutste veranderinge wat aangebring is, was die oordoen van die voorportaal, die sonkamer is opgeknap en die alzheimer-afdeling is nie net verfraai nie, maar het ook 'n splinternuwe buite-area gekry.
FOTOGALERY: Millenium Park-aftreeoord
Volgens Frik Geyser, wat op die Trusteeraad dien, moet al die pasiënte tuis voel.
"Ons doel is nie net om ons pasiënte en inwoners te versorg nie. Dit is waarskynlik die inwoners se laaste tuiste. Dit moet vir hulle gemaklik en veilig voel. Ons het die gedeelte waarin die alzheimers-pasiënte is verfraai en 'n hele buite-area by gebou sodat hulle lekker kan buite sit wanneer dit 'n mooi dag is. Die area is ook honderd persent beveilig en kan die pasiënte nêrens heen wandel nie. Hulle is ook heeltyd onder die wakende oog van ons uiters bekwame verpleegpersoneel."
Die alzheimers-eenheid kan ongeveer 12 pasiënte versorg.
Die versorgingseenheid/siekeboeg is ook oorgedoen met ondermeer splinternuwe vloere wat gelê is.
In September vanjaar het die raad ook nuwe verpleegsusters aangestel. Sr. Lizette van der Westhuizen is as bestuurder van die versorgingseenheid aangestel en sr. Zenobia Jacobs as kliniese suster. Daar is ook poste vir assistentverpleegsters gevul sodat nag- en dagsorg van die pasiënte op 'n deurlopende basis van hoogstaande gehalte is. Geyser sê die Trusteeraad streef daarna dat Millenium Park se inwoners en pasiënte trots moet wees op die versorgingseenheid, en ook om die beste oord te wees.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’