Advertorial
BUSINESS NEWS - Oasis Water Oudtshoorn het onlangs nuwe eienaarskap gekry, met Deon Grobler wat twee weke gelede die leisels oorgeneem het. Grobler, wat al meer as tien jaar die suksesvolle Oasis Water-winkel in George bestuur, bring 'n dekade se ervaring en 'n sterk fokus op gehalte en diens saam na die dorp.
Oasis Water, wat sy eerste winkel reeds in 2003 geopen het, het die gebottelde watermark in Suid-Afrika verander deur hidrasie eenvoudig, bekostigbaar en omgewingsvriendelik te maak. Volgens Grobler is uitmuntende kwaliteit en kliëntediens die pilare waarop Oasis se sukses rus.
"Ons lewer nie net hoë kwaliteit diens nie, maar ook hoë kwaliteit water. Ons water word maandeliks deur 'n derde party getoets om te verseker dat dit aan die hoogste standaarde voldoen."
Die plastiekbottels wat Oasis gebruik voldoen aan Petco se streng gehaltestandaarde. Dit beteken dat die bottels van herwinbare plastiek gemaak is en ontwerp is om vir jare te hou asook weer suksesvol herwin kan word. Petco verseker die kwaliteit van produkte wat aan sy standaarde voldoen deur 'n veelstap-gehalteversekeringsproses.
Grobler glo sterk in persoonlike verhoudings met kliënte: "Elke kliënt is belangrik, of dit nou iemand is wat daagliks hul bottel kom hervul of 'n besigheid wat grootmaatbestellings plaas."
Behalwe vir die bestaande winkel in Hoogstraat, beskik die Oudtshoorn-tak oor ses hervulpunte in die dorp en omliggende gebiede: by Millies Superette, Klein Karoo Agri, Agri De Rust, Klein Karoo Spar, Oudtshoorn Spar en Food Lover's Market.
Die winkelspan bestaan, saam met kantoorbestuurder George Botha, uit vyf toegewyde personeellede wat sorg dat kliënte se behoeftes vinnig en professioneel hanteer word.
Grobler het ook groot planne vir die toekoms. Teen 2026 beplan hy om 'n nuwe kleinhandelwinkel in die dorp oop te maak, wat nóg meer gemak en toeganklikheid vir Oasis-kliënte sal bring.
Met sy passie vir diens, gehalte en mense, beloof Grobler dat Oasis Water Oudtshoorn aanhou om die gemeenskap se dors te les, een bottel op 'n slag.
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’