Advertorial
OUDTSHOORN SAKENUUS - "Skoenmaker hou jou by jou lees…"
Dit is presies wat Elmarie Snyman sedert 1989 doen. Snyman is 'n hoogs professionele mens en is sinoniem met integriteit, kundigheid en geesdrif vir kliënte-tevredenheid.
Dit het daarom sin gemaak dat sy ook aansluit by 'n maatskappy wat dieselfde waardes nastreef en hul personeel met die hand uitsoek. Die Securitas Finansiële Groep glo daarin dat hy homself moet omring met suksesvolle mense.
Werknemers wat werklik waarde wil toevoeg tot individue en gesinne se lewens deur middel van gehalte advies. Snyman spog met ondervinding in die kommersiële sowel as persoonlike lyn korttermyn-wêreld. Aangesien Securitas kontrakte het met al die verskaffers, kan die maatskappy kompeterende tariewe aanbied.
Terwyl ons gebombardeer word met kunsmatige intelligensie en 'n oorbeklemtoning van 'n digitale wêreld, besef Securitas dat persoonlike diens steeds as prioriteit beskou moet word. Daarmee beteken dit verseker nie dat ons tegnologies agterbly nie.
Die maatskappy ignoreer ook nie die uitdagings van 'n Afrika kontinent, maar het ook 'n realistiese, optimistiese uitkyk op Suid-Afrika.
Met 'n voetspoor wat strek regoor Suid-Afrika, bedien ons kliënte met onder andere advies wat strek van mediese fondse tot testamente, beleggingsbeplanning en korttermynversekering. Ons sien ook daarna uit om meer van Snyman se vaardighede, kennis, maar ook mensekennis te leer. Baie welkom.
Vir 'n deursigtige tweede opinie, skakel ons gerus by 079 242 47 82 of 044 801 5900.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'