BESIGHEIDSNUUS - Die praktyk van Drs. Smith, Welgemoed en Kemp het hierdie week dr. Nicolai du Toit verwelkom.
Dr. du Toit, sy vrou en twee kinders, het vanaf Johannesburg na Oudtshoorn verhuis om in die rustiger lewe van die platteland te deel.
Hy het sy MBChB by die Universiteit van Pretoria verwerf en beskik ook oor 'n diploma in narkose, verwerf by The College of Medicine of South Africa en 'n diploma in HIV-medisyne, verwerf by The College of Medicine of South Africa.
Hy is tans besig met sy MMed (meesters graad in familie medisyne) en sy diploma in psigiatrie by The College of Medicine of South Africa.
Dr. du Toit is afkomstig uit die staatsektor waar hy by 'n akademiese staatshospitaal in Johannesburg gewerk het en sien uit daarna om na die inwoners van Oudtshoorn om te sien.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa nuus'