Jana en Stefan Pieterse, die nuwe eienaars, het sedert Februarie nuwe toerusting aangekoop, en oefenprogramme vir hul kliënte uitgewerk in samewerking met 'n dieëtkundige.
"Ons wil graag die hele gemeenskap by die gim betrokke kry, van pensionarisse tot skoliere. Ons probeer ook om dit vir die mense so gemaklik moontlik te maak wanneer hulle kom oefen en wanneer jy as lid aansluit by die gim is daar baie voordele," verduidelik Jana.
Die dieëtkundige, Lourica Stander het haar honneurs in sportvoeding. Sy is Maandae en Woensdae vanaf 16:00 tot 18:00 daar om dieëtplanne uit te werk. Van Maandae tot Donderdae kan lede hulle gratis laat weeg, meet en hulle BMI (body mass index) laat bepaal.
ProGym Fitness Centre bied ook spinning-klasse vir R20 vanaf 17:30 in die middae aan.
Skole se sportafrigters kan ook hul sportspanne bring om hieraan te kom deelneem. Kostes beloop dan R10 per kind en die afrigter kan afsprake by Jana of Stefan maak. Dit sluit alle winter- en somersporte sowel as trompoppies in.
Die gimnasium het op 27 Maart ook 'n kompetisie vir hul lede.
"Dit is 'n 'leg en bench press'-kompetisie. Alle lede wat hieraan gaan deelneem word volgens hul ouderdom- en gewigskatogorië verdeel."
Jana en Stefan het ook hul pryse billik gehou sodat dit die gemeenskap se sak kan pas. Om op kontrakbasis by die gim aan te sluit betaal volwassenes R160, pensionarisse en skoliere betaal R130 en Langenhoven Gimnasium se skoliere betaal R100. Daarmee saam moet daar R150 vir die aansluitingsfooi betaal word, wat eenmalig is.
Kontrakte kan van maand-tot-maand basis uitgeneem word. Afslag word gegee wanneer 'n ses maande of 'n jaar kontrak uitgeneem word.
Hul tye is Maandae tot Vrydae van 05:00 tot 11:00 en dan weer vanaf 14:00 tot 20:00. Op Saterdae is hulle vanaf 06:00 tot 12:00 oop.
Om afsprake by ProGym Fitness Centre te maak of vir enige verdere inligting skakel gerus vir Jana by 083 305 8581 of Stefan by 071 284 2457.

ProGym Fitness Centre het vanaf 1 Februarie nuwe eienaars en nuwe aparate.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus'