Advertorial Gallery Video
OUDTSHOORN SAKENUUS EN VIDEO'S - So het tien jaar verloop vandat ek in 2009 Nostalgie se deure oopgesluit het.
Tien jaar vandat ek een oggend 17:00 saam met Cecilia by Nostalgie verbygestap het en sê: “Dit is nou een plek waar ek graag ‘n restaurant wou hê.”
Dieselfde week hoor ek die plek is te huur en ek en my vriendin, Sanet Wentzel, maak op 1 Junie 2009 as vennote, die deure oop.
Ek onthou hoe ek saans jong mense in die woonstelle met muskadel omgekoop het om voor Nostalgie se kaggeltjie te kom kuier en dan die opgewondenheid as ons gaste gekry het om ‘n tafeltjie of twee vol te maak. Wat ek altyd sal onthou is hoe die dorp se mense ons ondersteun het van dag een af. Dankie, niks gee my soveel vreugde as wanneer Oudtshoornniete by Nostalgie se tafeltjies hulle sit kom kry nie.
Maar in November dieselfde jaar verloor Sanet haar lewe en alles verander. Dankie weer Oudtshoorn vir julle ondersteuning in daardie moeilike tyd. Toe raak Sussa my vennoot, wat ‘n voorreg om saam met my liefste kind ‘n besigheid te kon bedryf. Saam het ons Nostalgie uit haar babadae laat groei tot ‘n pragtige dame met ‘n bloedrooi rok wat ‘n kosriel kan trap dat die geure tot op die sypaadjie dans. Nostalgie is vandag ‘n vreugdevolle plek met ‘n span wat saamtrek om ouwêreldse gasvryheid, uitmuntende diens en natuurlik jeeeeeeerlike kos te bied.
Nostalgie het ‘n groot spyskaart en ons spesialiseer in Karoo Cuisine - geurige tradisionele geregte en natuurlik ook volstruisdisse met vleis van ons plaaslike abbatoir. Vir die vleiseters is daar die lekkerste verouderde Rumps en T-bones en danksy Hans van der Veen se versoek, het ons nou ook heerlike vegetariese disse op ons ekstra spyskaart. Ek pas resepte en idees wat ek kry aan om by Nostalgie te pas.
Só het ek een van my gewildste geregte geskep - gevulde geroosterde patat met creme francaise, vars spinasie met geroosterde volstruisrepies of hoenderrepies toegegooi onder Dukkah. En ons het hom ook vegan aangetrek. Dan is Nostalgie natuurlik baie gewild vir haar vingereetgoed en spyseniering. Maar vir nou is die belangrikste ons tiende birthday.
Hierdie maand gaan ons vonkelwynproppe laat klap en koek eet. Kom kuier by Nostalgie Restaurant by Baron van Reedestraat 74, Oudtshoorn dat ons jou kan bederf. Of bespreek jou tafel by 044 272 4085 en 072 324 0448.
Groete uit Nostalgie se birthdaykombuis,
Aurona Weideman
Kyk video's hieronder.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'