Hierdie daad kom te midde van verwensing aanslae van 'n paar inwoners op die vliegskool se teenwoordigheid op Oudtshoorn.
Dominee Jannie Fourie het gesê dat mense wat so ver van die huis af opleiding ondergaan alle ondersteuning moontlik moet kry en dat Park dit sy christelike plig gevoel het om die kadette tuis te laat voel.
AIFA se LT Minaar het aan die kadette verduidelik dat die meeste gelowige Suid-Afrikaners christene is en dat die kerk in die gees van sy geloof die pakkies skenk.
Die kleurvolle geskenke is met groot glimlagte en uitroepe van dank en opgewondenheid ontvang.
AIFA se uitvoerende hoof, Willie Marais, was sigbaar beïndruk met die gebeure en het gesê dat Oudtshoorn die vliegskool beslis ondersteun.
"Hierdie gebaar verteenwoordig nie net meelewing van die christelike gemeenskap nie, maar bevestig ook dat die mense van Oudtshoorn die vliegskool oorweldigend goedgunstige is en dat die dorp die voordeel van AIFA se teenwoordigheid erken en ervaar."

Ds. Jannie Fourie en 'n gemeentelid van die NG kerk Park-gemeente oorhandig geskenkpakkies om die nuwe kadette by AIFA welkom te heet.
ARTIKEL EN FOTO'S: DREWAN BAIRD