Advertorial
SAKENUUS - By Beit Shalom skep Charlene Lodewyks en haar omgeespan versorgers ’n tuiste vir mense met Alzheimer se siekte en voorsien in elkeen se spesiale behoeftes.
Die huis kan agt persone huisves, elk met hul eie kamer en badkamer. Hoewel die siekte ’n progressiewe siekte is, is dit van die uiterste belang om die pasiënte se waardigheid te alle tye te handhaaf.
Die personeel gaan uit hulle pad om inwoners teen enige vorm van skade wat verband hou met die siekte te beskerm.
"Ons doen dit nie net in hul fisiese behoeftes nie, maar betrek hulle ook in verskeie aktiwiteite om hul funksionering en emosionele welstand te optimaliseer. Hulle kort volgehoue interaksie en hulp om ’n sinvolle lewe te lei.
"Ek is self ’n versorger en fokus op hul daaglikse kreatiewe aktiwiteite. Ons is ’n span met omgeeharte en dit maak ons werk ’n plesier,” sê Charlene Lodewyks, senior versorger.
Vir meer inligting oor die dienste van Beit Shalom, kontak Charlene by 079 479 0789.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'