Advertorial
OUDTSHOORN SAKENUUS - Taksidermie is definitief nie net vir mans nie en dis 'n fyn kuns wat Marisa Verwey, bestuurder en monteerder by Spiral Horn Taxidermy, met haar hele hart beoefen.
Marisa, wat self elke bok met geduld vorm en monteer, sê taksidermie is meer as die gewone bokkop wat teen 'n muur hang.
"Die opsies is legio. Vroue kan die mooiste meubelstukke, handsakke of beursies laat maak met die velle van die diere wat deur hul mans gejag word."
Hulle maak op aanvraag spesiale binnenshuiseversierings - daarom is elke stuk wat deur hulle vervaardig word uniek.
"Die horings kan as tafelversierings gebruik word of die kopbeen kan jy mosaïek. Die velletjies kan as matte gebruik word of daar kan voetstoeltjies mee gemaak word."
Marisa nooi kliënte om te sien wat taksidermie alles behels en hoe dit as versierings in die huis gebruik kan word.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'