Sponsored Content
SAKENUUS - Om as Beste Hoërskool in die Best of Oudtshoorn & Klein Karoo Readers' Choice Awards 2026 aangewys te word, is vir ons 'n besondere eer.
Hierdie toekenning is 'n bevestiging dat ons gemeenskap glo in die waardes waarop Gimmies gebou is.
By Langenhoven Gimnasium gaan onderwys nie net oor akademiese prestasie nie. Ons glo dat gelukkige leerders beter leer, hul volle potensiaal bereik en met selfvertroue die toekoms aanpak.
Daarom streef ons daarna om 'n waardegedrewe omgewing te skep waar elke leerder kan sê: "Hier hoort ek". Akademie, sport, kultuur, leierskap en karakterontwikkeling vorm saam die grondslag waarop ons jongmense voorberei vir die lewe.
Ons bly relevant deur voortdurend te groei, nuwe geleenthede te skep en altyd die beste belang van ons leerders eerste te stel.
Uitnemendheid begin by personeel wat omgee, ouers wat betrokke is en leerders wat aangemoedig word om hul unieke talente te ontdek en te ontwikkel.
Dat die publiek vir Gimmies gestem het, getuig van die vertroue wat oor baie jare opgebou is. Ons is opreg dankbaar teenoor elke ouer, leerder, oudleerder, personeellid en ondersteuner wat hul stem uitgebring het. Hierdie toekenning behoort aan die hele Gimmie-familie.
Dankie dat julle saam met ons glo dat elke leerder verdien om te behoort, te groei en met vreugde na uitnemendheid te streef.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’