Advertorial Gallery
SAKENUUS - Die Koinonia Discipleship Training Academy in Mosselbaai bied ’n besondere geleentheid vir jongmense om met hierdie diensjaar vir Jesus in hul geloof te groei en praktiese vaardighede en selfkennis op te bou om die lewe se uitdagings te hanteer.
Hulle sal bemagtig word om ’n verskil in hulle gemeenskappe te weeg te bring en om keuses te maak wat ’n positiewe uitwerking op die rigting sal hê wat hulle lewens inslaan.
Wat was die katalisator vir hierdie akademie?
Die dryfveer agter die stigting van Koinonia Discipleship Training Academy spruit uit navorsing wat toon dat daar onder meer ’n groot afname in Bybelse geletterdheid onder gelowiges is en dat dissipelskap dikwels in gemeentes ontbreek.
Die visie van Koinonia is gebore uit die postmoderne kreet na waarheid.
Daarom is die visie:
“Koinonia Discipleship Training Academy is designed to be a life-transformational training academy where students embrace their true identity in Christ, learn the inherent values of the Kingdom and walk in authority and power of the one true King, Jesus Christ, within a safe environment.”
Wat is die opleidingsinstelling se oogmerk?
• Om studente as dissipels van die Here te laat groei en hulle teologiese begrip te verdiep.
• Om studente toe te rus met nuttige bedieningsvaardighede wat in evangelisasie- en kerkverband toegepas kan word.
• Om hulle te onderrig, op te lei, te mentor, toe te rus en om hulle terug te stuur na hul gesinne en gemeenskappe met ’n rykdom van Bybelse kennis en begrip van spesifieke lewensvaardighede.
Op wie is die program gemik?
Dit is gemik op jong volwassenes van 18-25 jaar oud wat onafhanklik is. Koinonia Discipleship Training Academy is vir Christen-studente wat op soek is na ’n dieper verhouding met God en wat ernstig is om meer te leer oor God se doel en liefde vir al die nasies. Koinonia Discipleship Training Academy is vir studente wat hulle doel en roeping in hulle wandel met God wil vind. Behalwe vir uitstekende akademiese inhoud en interessante buitemuurse aktiwiteite, sluit die kursus ook die volgende in:
• gospelmusiek • lofprysing en aanbidding • toepaslike flieks • gemeenskapswerk • uitreike.
Pastoor Raymond Lombard
Hoe verskil hierdie diensjaar van ander programme?
Dit is nie ’n tipiese oorbruggingsjaar nie, maar ’n diensjaar vir Christus – die student gee ’n jaar van sy/haar lewe in diens van die Koninkryk. Daar is weekliks uitreike waar studente mense in ouetehuise, kinderhuise ens. sal dien en bedien.
Daar is ’n baie sterk klem op dissipelskap en geestelike groei met ’n diep teologiese onderbou. Nog ’n bonus is dat die student vir baie van die vakke wat hy/sy in die loop van die jaar voltooi het, “recognition of prior learning” (RPL) kan ontvang by die Church of God Bible College – daardie vakke word dus as afgehandel beskou vir toekomstige teologiese studies.
Wat is die voorvereistes vir toelating?
Studente moet vaardig wees in Engels – in staat om Engels te verstaan, lees en skryf.
Wat behels die kursus?
Koinonia Discipleship Training is ‘n een jaar lange dissipelskap-internskap, aangebied en bestuur deur Raymond Lombard Ministries. Dit is ontwerp om studente te help om te leer en te ervaar wat dit beteken om die liefde van Jesus te beliggaam en leiers te wees wat Christus eer.
FOTOGALERY: ’n Besondere geleentheid vir jongmense
Die student sal:
• een-tot-een-mentorskap ontvang; • kennis van ander kulture verkry; • aansienlike tyd aan persoonlike en geestelike groei bestee; • hulle ware identiteit in Christus ontdek; • leierskapsvaardighede geleer word;
• daarna streef om Jesus te volg en die Evangelie uit te leef; en • geestelike vorming ervaar en beleef.
Die leierskapspan
Daar is ’n visioenêre en toegewyde span leiers wat deskundiges in hulle besondere vakgebied is – nie net op die akademiese gebied nie, maar hulle het ook jare se pastorale ondervinding.
Hulle is leiers wat innoverend dink, met ’n missiologiese benadering om holisties tot ander se lewens by te dra. Hulle is ’n span met ’n opregte passie vir opleiding en plaas ’n hoë premie op leierskap.
Toegewyde mentors
Die span se doelwit is om studente te begelei sodat hulle elkeen hul individuele en besondere roeping kan ontdek en hulle ware potensiaal binne die Koninryk van God kan ontwikkel.
Koinonia Discipleship Training Academy skep ’n omgewing waar elke student kan ontdek wie hy/sy is en wat hulle unieke roeping is.
Koinonia-kurrikulum
Koinonia se kurrikulum is ontwikkel met hierdie leuse in gedagte: Discover. Identity. Purpose. Die program bied ’n holistiese, gebalanseerde benadering met binne- en buitemuurse aktiwiteite.
Beknopte Sinopsis van die kurrikulum
Dissipelskapontwikkeling | Lewensoriëntering | Geheimenisse van die Bybel | Avontuuraktiwiteite |
Oriëntering | Innerlike en emosionele genesing | Hermeneutiek | Spanbou |
Groei in genade (15-weke-kursus) | Woordgefundeerde finansiële bestuur | Boek van Daniël | Matteus 28:19-uitreike (sluit in besoeke aan tehuise vir bejaardes, kinderhuise, ens.) |
Persoonlike evangelisasie en Hart of Manprogram (HOM) | Interpersoonlike verhoudings en diensbaarheid | Boek van Openbaring Eskatologie | Besoeke aan buurstate |
Lof-en-aanbiddingskursus | Leierskapseienskappe en dissiplines | Die geesteswêreld | |
Bybelse beginsels van konflikhantering | Apologetiek (Wat sê die Bybel - Volume 1 tot 4) | ||
Pneumatologie | |||
Oorsig van Ou & Nuwe Testament |
(Neem kennis dat sommige van die modules voorgehou kan word vir “erkenning van vorige leer” [RPL]by Church of God International Bible College vir verdere studies.)
Die kurrikulum sluit in:
• Geestelike vorming
• Persoonlike ontwikkeling
• Avontuurleierskap
• Gered om te dien
Wat word met geestelike vorming bedoel?
Koinonia Discipleship Training Academy is ’n veilige plek waar studente aangemoedig word om moeilike vrae te vra en met twyfel te worstel, tyd saam met volwasse Christene deur te bring, te leer hoe om die Bybel self te lees en Bybelse grondslae te vestig en om God se onvoorwaardelike liefde vir hulle te verstaan.
Dissipelskap is ’n primêre fokus en student moet die kampus verlaat, toegerus om oor hulle geloof te kan getuig en ander te kan leer hoe om Jesus ook te volg.
Wat word met persoonlike ontwikkeling bedoel?
Koinonia-studente sal ’n identiteit vestig wat in Jesus gewortel is en ’n lewensveranderende doel ontdek
(identity, discover, purpose). Studente sal oor persoonlikheidstipes leer asook oor individuele sterkpunte en wat dit beteken om ’n mens se identiteit in Christus te vind. Dit word gedoen met behulp van psigometriese evaluering. Personeellede sal studente bystaan om persoonlike missiestellings te ontwikkel, kernwaardes te identifiseer en praktiese lewensvaardighede aan te leer as grondslag vir hulle toekomstige lewensreis.
Wat is avontuurleierskap?
Die avontuurleierskap en ander spanbou-aktiwiteite sal gebruik word om beide harde en sagte vaardighede te ontwikkel. Sommige van hierdie vaardighede sluit in begrip van groepdinamika, beplanning van avontuurervarings, risikobestuur en aanpassing by kulturele verskille.
Wat beteken 'Gered om te dien'?
Koinonia-studente sal baie geleenthede hê om by die Koinonia-kampus en in die plaaslike gemeenskap te dien, aangesien ware leiers nederigheid beoefen en ander dien. Om tydens uitreike in die gemeenskap en sending te dien, sal die vaardigheid ontwikkel om met uitnemendheid diensbaar te wees.
Wanneer is die sperdatum vir aansoeke?
Aansoeke sal aanvaar word totdat al 34 plekke gevul is. Sodra ’n student sy/haar aansoek indien, sal ’n Koinonia personeellid uitreik om ’n ontmoet-en-groet-vergadering te reël.
As die Koinonia-direkteure saamstem dat hierdie program ooreenstem met die student se persoonlike doelwitte, is al wat oorbly vir die student om die deposito te betaal en hulle plek vir die Koinonia 2023-dissipelskapjaar te bespreek!
Is verblyf beskikbaar?
Studente sal op die terrein woon, kamers deel en by die kampusgemeenskap aansluit terwyl hulle leer wat dit beteken om in die liggaam van Christus te dien. Die fasiliteit waar die studente geakkommodeer gaan word, is een van die modern komplekse in Mosselbaai.
Die woonstelle:
• het selfsorggeriewe; • is volledig gemeubileer met meubels van goeie kwaliteit; • het slaapkamers en ten volle toegeruste badkamers; • het ten volle toegeruste kombuise; • het baie stoor- en pakplek; en • het Wi-Fi-internettoegang.
Die kampus bestaan uit:
• verblyf wat 34 studente in eenslaapkamer-, tweeslaapkamer en drieslaapkamerwoonstelle kan akkommodeer; • waskamergeriewe; • lesinglokale; • ’n eetkamer met ’n gemeenskaplike kombuis;
• veiligheid wat voorkeur geniet, daarom is die kompleks toegerus met ’n elektriese heining en 24 uur gewapende reaksie-alarmstelsel. • Die kompleks is binne loopafstand van ’n winkelsentrum.
Akkommodasie
Akademie wat in die proses is om voltooi te word.
Is jy geroep?
Is jy bereid om jouself te bekwaam as ’n dissipel van die Allerhoogste? Indien jou antwoord “Ja” is, is Koinonia Discipleship Training Academy beslis vir jou! Doen sommer dadelik aansoek vir toelating.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'