Advertorial Gallery
OUDTSHOORN SAKENUUS - In hierdie tyd waar ons groot groepe mense vermy en nie onnodig na besige inkoopsentrums wil gaan nie, is 'n vriendelike en goed toegeruste kafee soos Klein Karoo Kafee sommer op jou voorstoep, die ideale oplossing.
Sandra en Peet Kruger, het Klein Karoo Kafee by Jan van Riebeeckweg 46 aan die einde van Maart vanjaar oopgemaak en sommer dadelik gesorg dat daar 'n ordentlike voorraad is.
Of jy nou 'n liter melk, iets om op jou brood te smeer, bakmiddels, blikkieskos of 'n pakkie skroewe soek, sal jy geholpe wees. Die winkel is 'n egte familiebesigheid met Sandra se ouers, Johan en Elize Viljoen as bestuurders van die kafee. Die vriendelike Monique Matolla is die kassiere.
Skaars 'n maand later het hulle Klein Karoo Takeaways knap langs die kafee oopgemaak. Dié besigheid behoort ook aan Sandra en Peet, maar Sandra staan self hier aan die stuur en ook letterlik agter die potte. Sy en Bettie Nortjé is elke dag daar om smullekker wegneemetes voor te berei en as hulle hande te vol raak is Abigail Mileham die aflosbestuurder.
Die bestaande kafeetjie wat die Krugers gekoop het, is dadelik opgeknap met nuwe rakke, beter uitstalruimtes en die verskeidenheid produkte is geweldig uitgebrei. 'n Masjien om vars springmielies te maak is aangeskaf asook 'n nuwe verwarmingsoond vir vars pasteie. Daar is ook 'n kaartmasjien vir klante wat verkies om met 'n kaart te betaal. Die Krugers het meer as 'n jaar gelede reeds verskeie eiendomme op Oudtshoorn gekoop en die perseel van Klein Karoo Kafee en die woonstelblok waar dit geleë is, is hulle jongste toevoeging.
"Ons koop eiendom aan om werkskepping in die dorp te stimuleer," sê Sandra.
Klein Karoo Kafee is elke weeksdag vanaf 08:00 tot 19:00 oop en naweke vanaf 09:00 tot 14:00. Klein Karoo Takeaways is ook elke dag van die week oop, maar slegs vanaf 10:00 soggens.
Maak gerus 'n draai by Klein Karoo Kafee en Klein Karoo Takeaways en vergewis jou van die groot verskeidenheid produkte, heerlike eetgoed en persoonlike diens.
Die hulpvaardige en vriendelike span van Klein Karoo Kafee en Takeaways is, van links: Monique Matolla, Elize Viljoen, Sandra Kruger, Abigail Mileham, Bettie Nortjé en Johan Viljoen.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'