Advertorial Gallery
OUDTSHOORN SAKENUUS - Slegs tien jaar nadat die Karusa by Schoemanshoek begin wyn produseer het, is dié familieonderneming vandag ‘n bekende en uiters gewilde wynkelder, bierbrouery en proelokaal.
Die plaas Vogelsang is in 2004 aangekoop en daar is onmiddellik met ‘n omvattende aanplantingsproses van wingerd en vrugteboorde begin.
Behalwe dat wynmaker, Jacques Conradie, sorg vir ‘n wye reeks wyne is daar ook in 2012 met die brou van bier begin. Al Karusa se wyne en hulle ses soorte bier kan by die proelokaal en restaurant by die kelder op Schoemanshoek geproe word.
Die restaurant en proelokaal word daagliks deur toergroepe, toeriste en plaaslike mense besoek en hulle ondersteuning is so goed dat die grootste deel van die produkte op die perseel verkoop word. Dit wat oorbly word in die Suid-Kaap versprei en sowat 5% van Karusa se wyn word na Duitsland uitgevoer.
Maar, Karusa lewer nie slegs puik wyn en bier nie. Die grootste gedeelte van die plaas is onder vrugteboorde. Die grootste gedeelte, meer as 70%, van die jaarlikse oes word direk na Engeland uitgevoer.
Karusa is heeltemal selfversorgend. Alle verwerking en verpakking van hulle produkte word op die landgoed gedoen en as Eskom die dag besluit om krag te spaar het dit geen invloed op hulle nie aangesien hulle reeds vir jare van sonpanaele gebruik maak.
Die restaurant en proelokaal word daagliks deur toergroepe, toeriste en plaaslike mense besoek.
Karusa is ‘n familieonderneming met samewerking tussen die boerdery, pakstoor, kelder, bierbrouery, restaurant en akkommodasie. Theo en Denielle Landman bedryf die boerdery, pakstoor en akkommodasie terwyl Jacques en Saretha Conradie die wynkelder, bierbrouery en proelokaal bestuur.
Karusa is geleë op die grottepad by Schoemanshoek en is die ideale plek om stil te hou, bene te rek en heerlik te ontspan in die middel van een van die mooiste dele van die Klein Karoo.
Vir diegene wat besluit om langer te vertoef is ‘n aantal ou werkershuisies in puik selfsorgakkommodasie omskep.
Skakel Karusa by 044 272 8717 vir enige inligting of besoek www.karusa.co.za
Karusa is geleë op die grottepad by Schoemanshoek en is die ideale plek om stil te hou, bene te rek en heerlik te ontspan in die middel van een van die mooiste dele van die Klein Karoo.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'