Advertorial
PROMOSIE ARTIKEL - Die Halfway Groep het op 1 Mei 2024 Hyundai Oudtshoorn en Hyundai Knysna oorgeneem en Jo-Marie de Kock is sedertdien die nuwe handelaarshoof van Hyundai Oudtshoorn.
Jo-Marie het reeds jare se ervaring in die bemarkingsbedryf. Sy was meer as 10 jaar 'n senior bemarker by Oudtshoorn Courant en spog deesdae met nege jaar se ervaring in die motorbedryf.
"Ons nuwe en bestaande kliënte kan verseker wees van uitnemende diens. Behalwe Toyota/ Lexus/ Hino besit die groep ook Hyundai, Nissan, Ford, Honda, JAC, Omoda en Jaecoo handelaarskappe en ons is ook RMI geregistreer wat ons in staat stel om alle motorfabrikate te diens.”
"Almal is welkom om te kom kuier en na ons motors te kom kyk, of net 'n koffie te kom drink en met ons span bekend te raak."
Sy leef dieselfde passie as Halfway en probeer om elke dag beter as haar beste vir haar dorp en kliënte te wees.
Die span
Saam met haar is daar 'n splinternuwe span aangestel en het hulle altesaam 50 jaar se ervaring in die motorbedryf.
Stephen le Roux, is die werkswinkel bestuurder. Hy is ’n kundige in motor onderdele en ook die werkswinkel bestuurder wat sedert Julie deel is van die span.
Jomari Solomons is die nuwe finansiële bestuurder en John Scheepers, Robin Nichols en Theo Delport is die verkoopspan. Dié drie saam het 'n breë kennis van nuwe, sowel as gebruikte voertuie en sal verseker dat elke kliënt met die beste voertuig en diens by Hyundai
Oudtshoorn se deur uitstap.
Anna-Marie Roeland is sedert Junie lid van die span en is hul nuwe diensadviseur. Gershwin Gibson, Hyundai Oudtshoorn se tegnikus, is Hyundai SA gesertifiseer en het meer as agt jaar ondervinding by Hyundai Oudtshoorn. Darryl Coetsee en Kiewiet Hendricks sorg vir die was en blink maak van elke voertuig wat by hul deure uitgaan.
Halfway Groep
Die groep het hul ontstaan in 1965 gehad en was aanvanklik 'n nederige vulstasie wat oorspronklik Saunders Garage genoem is. Vandag het die Halfway Group meer as 20 onafhanklike handelaars.
Hulle het ook Toyota SA Handelaar van die Jaar vir die vierde keer gewen, Hino Handelaar van die Jaar vir 'n derde keer gewen, Lexus Handelaar van die Jaar vir 'n derde keer gewen en is die eerste groep ooit wat al drie in dieselfde jaar gewen het.
Kontak Half Hyundai by 044 813 6126 of besoek die handelaarskap se vertoonlokaal. Die lokaal is op die hoek van Hoogstraat en Langenhovenweg geleë.
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’