Advertorial
BESIGHEIDSNUUS - The Local Choice Pharmacy die nuwe apteek wat onlangs sy deure in Oudtshoorn geopen het, hou Vrydag 14 Februarie hul amptelike opening en nooi alle Oudtshoorniete om deel te wees van hulle "Big Launch".
Die geleentheid word vanaf 08:00 by hulle perseel gehou.
Hugo Potgieter, besturende direkteur van die apteek, sê hulle is opgewonde om die inwoners te sien en te leer ken.
"Dit gaan 'n lekker geleentheid wees met musiek, worsrolle word gebraai en dan het ons ook Pop a Balloon met baie lekker pryse. Daar gaan ook gelukstrekkings wees waar 'n inwoner die kans staan om 'n halwe skaap te wen."
Daar is ook lekker winskopies in die apteek wat van 14 tot 18 Februarie geldig is.
Hoewel hul hoofdoel gesondheidsorg is, is hul fokus sterk gemeenskapsgeoriënteerd en daarom is hulle vanjaar ook een van die borge by Wesbank se Leopard Crawl wat op 15 Februarie plaasvind.
Inwoners wat hiervoor wil inskryf kan nog Vrydag by die apteek inskryf.
"Kinders is die toekoms, en ons wil bydrae tot hul ontwikkeling," verduidelik Potgieter.
Almal wat vir die Leopard Crawl ingeskryf staan 'n kans om tydens die apteek se Kettieskiet-kompetisie 'n prys te wen. Die groot prys van die dag is 'n jaar se skoolfonds vir 'n Oudtshoorn-leerder. Potgieter sê die fokus bly steeds Wesbank se fondsinsameling.
"Ons wil deel wees van die sukses van die dag."
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’