Sponsored Content
SAKENUUS - Die plaaslike gasonderneming, Gasit, het einde Oktober hul derde bestaansjaar met groot dankbaarheid en trots gevier.
Wat drie jaar gelede as ’n geloofsdaad begin het, het vandag gegroei tot ’n gevestigde en gerespekteerde besigheid wat kliënte oor die hele Tuinroete en Karoo bedien.
Engé Swart is die eienaar van die besigheid. Sy doen ook sendingwerk en is binnekort op pad Indië toe om sendingwerk te doen en daarom is haar pa, Johan Swart, van groot hulp vir haar.
Sedert hulle oopgemaak het, het hulle van krag tot krag gegroei. Hulle is gemagtigde agente vir Easigas, maar neem enige leë silinder in wat in die Wes-Kaap versprei word.
Gasit doen gasinstallasie by huise en kommersiële persele, CoC-sertifikate vir installasies, verkoop en installeer van geisers as gemagtigde agente vir Typhoon, Paloma, Rinnai en Dewhot.
Kliënte kan ook dwarsdeur die jaar droë braaihout by hulle koop.
Hulle het reeds twee jaar agtereenvolgend die Best of Oudtshoorn-toekenning in hul afdeling gewen, ’n bewys van hul gehalte diens en kliëntetevredenheid.
Gasit lewer gas af vanaf Maandag tot Vrydag en is Saterdae in die oggend oop slegs vir gasverkope.
Johan skryf die onderneming se sukses toe aan uitstekende kliëntediens en ’n bekwame span.
“Hier is ’n ongelooflike groep mense wat sorg dat kliënte met respek en professionaliteit behandel word.”
Hy noem Marlene van der Westhuizen en Alta Nel as die “hartklop van die besigheid”.
“Hulle hanteer die administrasie en finansies en verseker dat elke kliënt die beste diens kry. Ons tegniese span, Lindsey Maya, Denzil Xhip, Julian Baardman, is net so vaardig en betroubaar, hulle hanteer installasies en herstelwerk met groot kundigheid. Karel Witbooi sorg dat leë silinders hervul word.”
Gasit kyk ook vorentoe: in 2026 beplan hulle om hul produkte reeks uit te brei. “Ons glo daar lê nog groot dinge vir Gasit voor. Met geloof, harde werk en eerlike diens is enigiets moontlik.”
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’