Sponsored Content
SAKENUUS - Egskeiding is ’n emosioneel en regs-komplekse proses wat duisende egpare jaarliks raak. As gevolg van die emosionele uitdagings is dit uiters belangrik om die regsraamwerk te verstaan.
In Suid-Afrika word egskeidings hoofsaaklik deur die Wet op Egskeidings 70 van 1979 (die Wet) gereguleer.
Die Suid-Afrikaanse reg erken dat ’n huwelik beëindig kan word indien dit onherstelbaar verbrokkel het. Dit beteken dat daar geen redelike vooruitsig is dat die huwelik herstel kan word nie. Faktore soos langdurige skeiding, ontrouheid, mishandeling of ernstige kommunikasieprobleme kan as bewys hiervan dien.
Die egskeidingsproses
Egskeidings kan onbestrede of bestrede wees.
- By ’n onbestrede egskeiding stem beide partye saam oor belangrike aspekte soos die verdeling van bates, onderhoud en die reëling van minderjarige kinders. Hierdie proses is gewoonlik vinniger en goedkoper.
- Bestrede egskeiding ontstaan waar partye nie kan saamstem nie, en die hof dan moet beslis, dit kan langer duur en duurder wees.
Bates en huweliksgoederebedeling
Een van die belangrikste aspekte van ’n egskeiding is die huweliksbedeling. Gades kan binne gemeenskap van goedere, buite gemeenskap van goedere met of sonder die aanwasstelsel getroud wees. Hierdie bedeling bepaal hoe bates en skulde tussen die partye verdeel word.
Kinders en onderhoud
Waar minderjarige kinders betrokke is, is die beste belang van die kind altyd deurslaggewend. Ouers moet ooreenkomste bereik oor sorg, kontak en onderhoud. Die gesinsadvokaat speel dikwels ’n rol om die hof te adviseer oor wat in die kind se beste belang is.
Kundige regsadvies kan help om die proses makliker en meer koste effektief te maak. Dit is raadsaam om vroegtydig ’n prokureur te raadpleeg om u regte te beskerm en praktiese oplossings te vind wat volhoubaar is vir die toekoms.
Hierdie artikel verskaf slegs algemene inligting en vervang nie persoonlike regsadvies nie.
Kontak HB Prokureurs vir meer inligting.

‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’