Sponsored Content
SAKENUUS - Amanda Grobler en haar man, Johann, het op 23 Augustus 1996 Steers in Oudtshoorn oopgemaak en in 2000 na Queens Mall geskuif. Hierna het hulle Fishaways in 2007 oopgemaak en Milky Lane in 2015.
Nadat Johann in 2013 oorlede is, het hul dogter, Marlé Jacobs, en haar voormalige man, Brian, betrokke geraak by die besigheid. Grobler se kleinseun, Nathan Jacobs, het in 2025 na matriek by die span aangesluit.
Van hul personeel stap al jare die pad saam met die familie.
Sharmaine Marthinus werk vir die besigheid vanaf 1996. Sy het na 'n onderbreking weer in 2018 as bestuurder by die besigheid aangesluit. Marshall Thomas (tans bestuurder) werk al 23 jaar vir die besigheid. Diana Delport werk al 26 jaar vir die besigheid, aanvanklik as kassiere en tans as bestuurder. Emma Stuurman, wat 'n paar jaar gelede aangewys is as die beste kassiere in die land, is nou 19 jaar by die besigheid.
Grobler sê hul sukses bewys dat familie wel kan saamwerk en dat personeel wel bande kan smee in 'n familiebesigheid.
"Ons kan spog met drie generasies wat tans betrokke is in ons besigheid," sê sy trots.
Vir enige navrae, kontak hulle by 082 565 8307.
Al drie besighede, Fish Aways, Milky Lane en Steers is genomineer vir Oudtshoorn Courant se Best of Oudtshoorn Leuserskeuse-toekennings. Klik hier om vir hulle te stem: http://www.bestofoudtshoorn.com/
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’