Advertorial
PROMOSIE-ARTIKEL - Amanda Grobler en haar man, Johann het op 23 Augustus 1996 die eerste Steers in Oudtshoorn op die hoek van Voortrekker- en Hoogstraat oopgemaak.
Hulle het in 2000 na die Queens Mall in Oudtshoorn geskuif. Hierna het Fishaways op 3 Desember 2007 oopgemaak en laastens Milky Lane op 1 Augustus 2015.
Johann is in Mei 2013 oorlede waarna hul dogter, Marlé Jacobs en haar man Brian, by die besighede betrokke geraak het.
Sedertdien het die besighede van krag tot krag gegroei en is tans van die gevestigste besighede in Oudtshoorn.
Intussen het Nathan Jacobs, Grobler se kleinseun na matriek ook by die besigheid aangesluit. "Hy is 'n kranige gholfspeler en is dit vir ons lekker om veral nou weer te kan betrokke wees by die Oudtshoorn-gholfklub met borgskappe."
Volgens Grobler het sy personeel wat al jare die pad saam met die familie stap.
"Sharmaine Marthinus werk vir ons vanaf 1996 waarna sy na Kaapstad verhuis het en weer in 2018 na Oudtshoorn teruggekeer het. Sy het toe as bestuurder by die besigheid aangesluit."
Marshall Thomas werk al 23 jaar vir ons en is ook nou 'n bestuurder in die besigheid. Diana Delpot werk al 26 jaar vir die besigheid en het begin as kassiere en is nou 'n bestuurder. Emma Stuurman is nou 19 jaar by die besigheid, en het ook 'n paar jaar gelede 'n kompetisie gewen vir die beste kassiere in die land."
Volgens Grobler is hul sukses 'n bewys dat familie wel kan saamwerk en dat personeel wel oor jare 'n band kan smee met 'n familie en 'n besigheid.
"Ek is trots om te kan sê dat ons kan spog met drie generasies wat tans betrokke is in ons besigheid."
Besigheidsure:
Steers en Milky Lane
- Maandag tot Woensdag: 09:00 - 21:00
- Woensdae: 09:00 -21:30
- Donderdae: 09:00 - 21:00
- Vrydae: 09:00 - 21:30
- Saterdae: 09:00 - 21:00
- Sondae: 10:00 - 21:00
Fishaways:
- Maandae - Donderdae: 10:00 -21:00
- Vrydae en Saterdae: 10:00 - 21:30
- Sondae: 10:00 - 21:00
Vir enige navrae kontak: 082 565 8307
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’