Advertorial
OUDTSHOORN SAKENUUS - Om jou unieke skoonheid tot sy volle potensiaal te bring. Dit is die leuse van die nuwe vrouedokterspraktyk, Bella Women.
Deirdré Joubert, 'n gekwalifiseerde dokter, sê haar praktyk fokus op die gesondheids- en estetiese welstand van alle vroue.
Sy het haar MBChB-graad by die Universiteit van die Vrystaat se Bloemfontein-kampus ontvang en het verdere opleiding in estetiese medisyne gedoen. Haar passie is om met vroue te werk. "By Bella Women skep ons n veilige omgewing waar net hulself kan wees."
Haar wye reeks behandelings wissel van roetine ginekologiese- en borsondersoeke tot gespesialiseerde, mediese velbehandelings, velanalises en kankersifting.
"Hier werk ons nie net met volwasse vroue nie, maar ook met jong meisies wat sukkel met enigiets van hormonale probleme tot aknee. Ons skep 'n ontspanne en rustige atmosfeer sodat elke ondersoek vir elke vrou gemaklik is."
Besoek Bella Women en vernuwe jou unieke skoonheid en welstand.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'