Advertorial
BESIGHEIDSNUUS - Tydens Suid-Kaap Adviseurs se galageleentheid wat op 17 Maart by Fancourt Hotel in George gehou is, is Francois Beets aangewys onder toptien adviseurs in die Suid-Kaap in die 9de posisie en Jacques Strydom is aangewys as seniorkampioen in Suid-Kaap.
Dit is die 7de jaar opeenvolgend wat Jacques die nr. 1-posisie binne Suid-Kaap-area met 75 adviseurs beklee.
Deur volgehoue harde werk het Francois Beets ook vir die eerste keer onder die toptien adviseurs geëindig.
Beide Jacques en Francois bedank hulle kliënte vir volgehoue ondersteuning asook alle personeel wat agter die skerms toesien dat alle administrasie vlot verloop.
Volgens Jacques was 2022 'n uitdagende jaar, maar kon goeie besigheid nieteenstaande volhoubaar gedoen word met baie tevrede kliënte.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’