OUDTSHOORN SAKE NUUS - Die span van Chas Everitt in Oudtshoorn het stof in die oë van veel groter dorpe in die Tuinroete en Oos-Kaap geskop.
Die agentskap het nie net drie eerste kategorieplekke in die streek behaal nie, maar is ook bekroon met die algehele tweede plek in die land in die kategorie 'Top Non-metro Partnership'.
Nog 'n veertjie in hulle hoed is Rosemary Light, Chas Everitt se meesteragent in Calitzdorp, wat benoem was vir die 'Top 3 Regional Top Unit Agent' en ook die 'Outstanding Achievement Sales – 25-million' verkopetoekenning ontvang het.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'