CALITSDORP NUUS - Boplaas Familie Wingerde het die afgelope tyd 'n indrukwekkende oes van toekennings ingepalm.
By die gesogte Michelangelo International Wine & Spirits Awards is Boplaas se 20 jaar stookketel brandewyn aangewys as beste brandewyn en spiritualieë.
Die landgoed het boonop drie dubbelgoud en vyf goue medaljes vir hul rooiwyne, port en whisky huis toe geneem.
Boplaas se 20 Jaar Cape Tawny Colheita-port is vir die vyfde agtereenvolgende jaar bekroon as beste gefortifiseerde wyn in die South African Wine Report van Tim Atkin MW.
Dié port, word vir twee dekades in ou Franse vate verouder voor dit gebottel word en word beskou as een van die land se uitblinkers.
Boplaas se proelokaal in Calitzdorp bied die publiek die geleentheid om hierdie bekroonde wyne, port, whisky en brandewyne te proe en aan te koop.
Vorige berigte:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’