SAKENUUS - Queens Mall Apteek bly getrou aan sy leuse, “Van die gemeenskap, vir die gemeenskap”, en fokus steeds daarop om gehalte diens en gerief aan kliënte in Oudtshoorn en die breër Klein Karoo te bied.
Die apteek beskik oor ’n uitgebreide reeks produkte en dienste, insluitend chroniese en akute medikasie vir alle mediese fondse.
As voorkeurdiensverskaffer vir verskeie fondse, waaronder Discovery, GEMS, Polmed, Transmed en Bonitas, streef die span daarna om professionele en persoonlike diens aan elke kliënt te lewer.
Kliniekdienste word deur gekwalifiseerde klinieksusters aangebied, terwyl die apteek ook ’n gewilde afleweringsdiens bedryf.
Aflewerings word daagliks in Oudtshoorn gedoen, maar strek ook na dorpe soos Prins Albert, Ladismith en ander dele van die Klein Karoo.
Nog ’n voordeel vir gereelde kliënte is die nuwe lojaliteitskaart. Lede kan elke maand op uitgesoekte produkte dubbel lojaliteitspunte verdien, wat ekstra waarde en besparings bied.
Die jaarlikse griepinspuiting is tans beskikbaar teen R95 per inspuiting.
Om bestellings en navrae nog makliker te maak, het die apteek ’n toegewyde WhatsApp-lyn bekendgestel. Kliënte kan boodskappe stuur na 060 611 2267 vir bestellings of navrae. Let wel, die nommer is slegs vir WhatsApp en kan nie oproepe ontvang nie.
Queens Mall Apteek nooi die gemeenskap om van hierdie gerieflike dienste gebruik te maak en die voordele daarvan self te ervaar.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’