Sponsored Content
SAKENUUS - Die nominasie van Boshoff Boumateriaal in die Best of Oudtshoorn & Klein Karoo Readers’ Choice-toekennings beteken vir die span baie meer as bloot erkenning vir ons besigheid - dit is ’n geleentheid om ons waardering teenoor lojale klante uit te spreek.
Die grootste beloning is die feit dat die gemeenskap ons diens raakgesien het. “Ons probeer mense se probleme oplos, en om daarvoor genomineer te word, beteken baie vir ons,” sê die bestuur.
Boshoff Boumateriaal spesialiseer in die koop en verkoop van nuwe en tweedehandse boumateriaal en fokus daarop om produkte bekostigbaar te hou.
Veral ná storms en ander noodgevalle help ons kliënte deur selfs klein hoeveelhede materiaal beskikbaar te stel sodat herstelwerk gedoen kan word sonder groot uitgawes.
Die onderneming doen ook ekstra moeite om materiaal te bekom. Ons breek self geboue af om bruikbare materiaal te herwin en reis dikwels ver om voorraad te gaan haal of af te lewer.
Hierdie benadering bevorder nie net bekostigbaarheid nie, maar dra ook by tot volhoubare herwinning.
’n Belangrike deel van ons werk is om mense met behuisingsuitdagings te help. Van klein huisies en Wendyhuise tot noodherstelwerk, streef die span daarna om praktiese oplossings te bied aan mense wat dit die nodigste het.
Die nominasie is vir Boshoff Boumateriaal ’n bewys dat ons harde werk en gemeenskapsgerigte diens waardeer word.
Klik hier om vir Boshoff Boumateriaal te stem!
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’