Die besighede wat onlangs by die Oudtshoorn Besigheidskamer aangesluit het is Camp Roadhouse en Weshandelshuis, Deltamune (Pty) Ltd, Rooiheuwel Mark@Jamstreet, Kango Horse Riding, Highgate Ostrich Show Farm, PSG Wealth Financial Planning, ABSA Oudtshoorn, Oudtshoorn Dierewelsyn, Onkers (Pty) Ltd, Jacobs Opmetings, WM Spilhaus Oudtshoorn, Extreme Plumbing en Wim Reede Graphic Design.
Magda Davel van Oudtshoorn Diere Welsyn is aangewys as kwartaallikse pryswenner van die Hoorn se Besigheidspersoonlikheid, en Hugo van der Berg en Danie van der Berg as kwartaallikse pryswenners van Die Burger se besigheidsleier van die jaar kompetisie.

Niel Els, voorsitter van die Oudtshoorn Besigheidskamer (links) saam met die nuwe lede.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus'