Tydens die geleentheid het hy ook bewys dat die organisasie groei deur drie nuwe lede te verwelkom. Els het gesê dat dit die besigheidskamer se hoofdoel is om sake-ondernemings in Oudtshoorn te steun aangesien hulle die oorgrote meerderheid van die dorp verteenwoordig. Hy het ook erkenning gegee aan sy voorganger André van Greunen, onder wie se voorsitterskap ook uitstekende werk gedoen is om die besigheidskamer tot op die huidige vlak te bring.
Die aand is geborg deur Business Partners. Hulle hoofstreekbestuurder, Anon Roelofse, was ook die gasspreker. Roelofse het die uiters noodsaaklike rol wat klein en medium-besighede in die land se ekonomie vertolk beklemtoon en daarop gewys dat daar altyd plek vir entrepreneurs is. Business Partners beywer hulle landwyd daarvoor om entrepreneurs te finansier en bemagtig om hulle eie sake-ondernemings te begin.
Die laaste finaliste in die jaarlikse kompetisie om die besigheidsleier van die jaar en die sakepersoonlikheid van die jaar te kies, is ook aangewys. Die vierde kwartaal se besigheidsleier is Willie Marais van AIFA en die vierde kwartaal se sakepersoonlikheid is SC Pienaar van Photo First by Watson en Brink Apteek. Die wenners uit die vier finaliste in elke kategorie sal vroeg volgende jaar aangewys word. Die prys vir die besigheidsleier van die jaar word deur Die Burger geborg terwyl Die Hoorn die prys vir die sakepersoonlikheid van die jaar borg.

Drie nuwe lede het tydens die netwerkaand by die besigheidskamer aangesluit. Hulle is Lee-Ann van Sittert links met Charmaine Williams en Annette Oelofse, voor regs. By die drie nuwe lede is Helen Butler (sekretaresse van die besigheidskamer) Niel Els (voorsitter) en Johan Strassheim (ondervoorsitter).
'Ons bring jou die nuutste OUdtshoorn | Klein-Karoo nuus'