OUDTSHOORN NUUSFLITS - Verskillende aspekte van die tabakbedryf in die Klein-Karoo en in die algemeen is onlangs deur verskeie kundiges op ‘n tabakdag toegelig.
Die Tabakdag is deur die departement van landbou se Oudtshoorn-navorsingsplaas, Universal Leaf South Africa (Pty)Ltd (ULSA), en Timac Agro SA, aangebied.
Volgens Jaco Malan, besturende direkteur van ULSA, neem die aanvraag na tradisionele pyptabak, wat hier gekweek word, wêreldwyd af, terwyl daar ‘n toename is in die vraag na geskikte tabak vir die vervaardiging van sogenaamde rooklose produkte soos “snus” of “moist snuff”, wat veral gewild is in die Skandinawiese lande en die VSA.
“ULSA gaan oor die volgende twee jaar swaar kry totdat ons vir die nuwe mark ingerig is. Die huidige produksie van sekere grade moet eers stabiliseer om die kwaliteit in lyn te bring met die vraag, sonder om oor te produseer en met voorraad te sit.”
Die tabak wat veral in die Klein-Karoo gelewer word, is uiters geskik vir die nuwe mark. “Ons moet kyk na nuwe kultivars wat geskik is vir meganisasie, en die opbrengs moet opgestoot word sonder om kwaliteit prys te gee.”
Sprekers en organiseerders van die Tabakdag, wat op 3 April by NG Kerk Schoemanshoek aangebied is, is voor van links: Tinus de Beer, Hennie Boshoff, dr Sonia Steenkamp (LNR) en Janno Koen (ULSA). Agter, van links is: Chris Botha (Timac Agro), Francois van de Merwe (TISA) , Ernst Guder (Dept Landbou) en Jaco Malan (ULSA) Foto: Tisha Steyn
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'