OUDTSHOORN NUUS - Ten spyte van 'n bitter moeilike jaar vir landbou, het tabakprodusente bo die uitdagings uitgestyg en 'n uitstekende oes gelewer.
"Ons het nog nooit so 'n moeilike tabakseisoen beleef nie, maar julle het die wa deur die drif getrek," het Chris Botha, voorsitter van die Timac Agro-tabakklub, tydens die tabakkwekers van die Wes- en Oos-Kaap tydens die afsluitingfunksie gesê.
Tydens 2017 is 350 000 kg op 125.8 ha produseer, vergeleke met 2016 se 230 000 kg op 86 ha.
Die oorspronklike oesverwagting van 385 000 kg vir 2017 het weens die droogte nie realiseer nie, maar die kwaliteit het betekenisvol verbeter.
Universal Leaf SA
Jaco Malan, besturende direkteur van Universal Leaf SA, wat tabakprodusente ondersteun en tabak in die Wes- en Oos-Kaap aankoop, het wisseltrofeë en sertifikate oorhandig aan die beste presteerders in die verskillende kategorieë
in die twee provinsies, wat saam bestuur word.
Die volgende toekennings is gemaak: Kategorieë
Beste algehele prestasie by die verbouing van lugdroogtabak in die Wes- en Oos Kaap: Delport Broers Boerdery, 'n nuwe toetreder tot die tabakbedryf.
Hoogste omset per hektaar – Wes-Kaap Kategorie 1 (> 20 000kg kwota)
1: Delport Broers Boerdery; 2: Middelplaas Trust; 3: Kaloesplaas
Hoogste omset per hektaar – Wes-Kaap Kategorie 2 (10 000 – 20 000kg kwota)
1: John Schoeman; 2: Habite Travial Garde; 3: M J Spies
Hoogste omset per hektaar – Wes-Kaap Kategorie 3 (0-10 000kg kwota)
1: A.G. Vermaak t/a Vleirivier Sand; 2: J P J Botha; 3: E. Herringer
Hoogste omset per hektaar – Oos-Kaap Kategorie 1 (>10 000kg kwota)
1: Mariri Trading 192CC; 2: Ysrivier Edms. Bpk. ; 3: Hugo Nel
Hoogste omset per hektaar – Oos-Kaap Kategorie 2 (0-10 000kg kwota):
1: Cormick Trust; 2: Klipstoot Boerdery; 3: Koeltehof Boerdery
• Sertifikaat vir die beste algehele verbetering in omset teenoor die vorige seisoen: Sekretaarskloof Trust; Hugo Nel
• Sertifikaat vir die beste algehele produksiebeplanning: Habite Travail Grande BK
• Sertifikaat vir die kleinboer van die jaar: Elloise Herringer
Timac Agro SA Tabakklub
Chris Botha, voorsitter van Timac Agro SA Tabakklub, het die klub se wenners aangekondig.
Wenners ontvang 'n geskenkbewys vir R12 000 se spesialiteitsprodukte, terwyl tweede en derde plekke elk geskenkbewyse vir R6 000 se spesialiteitsprodukte ontvang.
Oos-Kaap: 1: Dempers Muller; 2: Cormick Trust; 3: Hugo Nel
Wes-Kaap: 1: Vleirivier Saad; 2: John Schoeman; 3: JPJ Botha.
ARTIKEL: TISHA STEYN, OUDTSHOORN COURANT KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'