OUDTSHOORN NUUS - 'n Tabakboer van Matjiesrivier is aangewys as die land se beste boer in die produksie van lugdroogtabak. Riaan Terblanche het Dinsdagaand tydens die erkenningsaand van die tabakboere die goeie nuus ontvang.
Dat hy groter boere in die res van die land met produksie per hektaar uitgestof het, is reeds 'n groot prestasie, maar as in ag geneem word dat sy plaas geen water het en oor geen elektrisiteit beskik nie, is die prestasie soveel groter, het Jaco Malan, besturende direkteur van Universal Leaf SA tydens die oorhandiging gesê.
Die funksie is Dinsdagaand by die Schoemanshoek-kerksaal gehou en Universal Leaf se Afrika streekdirekteur, Gary Taylor, was die gasspreker.
Wenners is in drie kategorieë volgens tonnemaat (onder 10-, 10 tot 20- en bokant 20 ton) aangewys.
Die wenners was:
Onder 10 ton:
Filo Aries (wenner asook kleinboer van die jaar), Deon Ferreira (2de plek) en Jerry Strydom (3de plek)
10 tot 20 ton:
Riaan Terblanche (wenner asook boer van die jaar), John Schoeman (2de plek) en Hendrik Oberholzer (3de plek
Bo 20 ton:
Tiekie Smit (Wenner), Merwe van der Watt (2de plek bo 20t kwota) en Henco Schoeman (3de plek bo 20t kwota).
Van die pryswenners wat Dinsdagaand se funksie kon bywoon is van links: Henco Schoeman (3de bo 20 ton), Deon Ferreira (2de onder 10 ton), Riaan Terblanche (wenner 10-20 ton asook boer van die jaar), Tiekie Smit (wenner bo 20 ton), Jerry Strydom (3de onder 10 ton), Jaco Malan, Henri du Plessis (ULSA streeklandboukundige, Oudtshoorn) en John Schoeman (2de 10-20 ton).
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'