OUDTSHOORN NUUS - Gerrie en Liza Ferreira van die plaas Chandelier, buite Oudtshoorn, het die SA Boerbok-telersvereniging vanaf 13 tot 16 Mei by Nampo 2025 verteenwoordig.
Ferreira het onder meer die nuwe wêreld junior en reserwe groot kampioen boerbokram, genaamd Knock Out op Nampo ten toon gestel.
Meer as 87 000 besoekers, van oor die wêreld heen, het Nampo vanjaar besoek. Volgens Ferreira was die stalletjie van die SA boerboktelers vreeslik gewild en baie besig.
"Ons moes letterlik bontstaan om al die besoekers te woord te staan. Die internasionale aanvraag vir die SA boerbok is ongekend en almal wou graag 'n foto saam met Knock Out hê.
Ek en Liza was besonder trots en bevoorreg om die SA Boerboktelersvereniging by Nampo te verteenwoordig."
VIDEO:
Vorige artikel:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’