Breaking News Update
OUDTSHOORN NUUS - Agri Wes-Kaap en die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) Wes-Kaap het bevestig dat ’n nuwe geval van bek-en-klouseer (BKS) Dinsdagoggend, 24 Junie, naby Dysselsdorp in die Oudtshoorn-gebied geïdentifiseer is.
Die geval is op ’n kleinboer in die omgewing se plaas bevestig.
Agri Wes-Kaap het ’n dringende beroep op alle veeprodusente gedoen om biosekuriteit as ’n topprioriteit te hanteer, aangesien die virus steeds in die gebied sirkuleer. Streng beheermaatreëls en verantwoordelike bestuur van dierebewegings bly volgens die organisasie noodsaaklik om verdere verspreiding te beperk.
Volgens dr. Cathy Fox, staatsveearts in Oudtshoorn, is een bees uit ’n kudde van 33 diere positief vir BKS getoets. Sy het bevestig dat daar reeds tydens roetine-inentingsveldtogte ongeveer twee derdes van die diere binne die 10 km-sone ingeënt is.
Sy het verder bevestig dat dit die derde bevestigde geval in die streek vanjaar is. In Mei is een geval tussen Oudtshoorn en De Rust aangeteken, terwyl nog ’n geval in die Matjiesrivier-gebied bevestig is.
Lees ook:
- Bek-en-klouseer in Oudtshoorn: kommer oor rondlopende plaasdiere
- Single Foot-and-Mouth Disease case reported in Oudtshoorn area
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’